KAMERS in die Stadsaal

KAMERS oortref hulself elke jaar om net beter, grootter en mooier goed te deel met hul inkopers wat van wyd en suid kom om klein besighede by KAMERS te kom ondersteun. Ons is mal oor die jaar se KAMERS wat in die Stadsaal in Kaapstad plaasgevind het. Dit was iets heeltemal anders as die gewone en wie sou kon dink dat ‘n stadsaal so mooi kon lyk. Versier met oulike dekor, kuns, kreatiewe mense, kos en wyn, wat kan mens dan nou meer voor vrae?

KAMERS vier ná ’n wegholsukses in 2014 – waarin KAMERS vir die eerste keer ook in die ikoniese Kasteel in Kaapstad en in Johannesburg ’n draai gaan maak het. Dit is KAMERS se dertiende bestaansjaar met groot fanfare wat hierdie jaar sal plaasvind. Groot dinge word beplan vir die Herfs opskietgeleenthede in Kaapstad en Johannesburg. Soos altyd bied KAMERS ’n skatkis van handgemaakte kreatiwiteit. KAMERS bly getrou aan haar missie om plaaslike, Suid-Afrikaanse ontwerp en entrepreneurskap selfs verder vanjaar te bevorder. 58 000 besoekers het landwyd na KAMERS 2014 besoek met  250 plaaslike, uitgesoekte uitstallers. Ons kan nie wag om hierdie jaar se getalle te sien nie.

Om nie te veel weg te gee nie, maar ons is baie opgewonde na KAMERS in Stellenbosch die jaar. Kan nie wag om weer bietjie oulike goed vir ons kantoor en huis te koop nie. Dankie Vorsprung Studio vir die pragtige foto’s.

Artikel Krediet:


Fotograaf: Vorsprung Studio