Heerlike Roomys by The Creamery

Ons is mal oor roomys en lekkergoed by Mooi Leefstyl en dit is een van die redes hoekom ons vandag glimlag van oor-tot-oor. Ons deel een van ons gunstelling plekkies in Kaapstad met jou, The Creamery. As jy nog nooit The Creamery se roomys geproe het nie, sal jy definief by een van hulle pragtige winkeltjies moet uitkom. Ons het by hulle Sout Rivier winkel in Kaapstad gekuier en was bederf met heerlike roomys, ‘n wafel en die lekkerste koffie. Van hulle interesante roomys geure wat hulle al voorheen gemaak het sluit in: Paas broodrolletjie, kardemom en gebraaide peer, Coconut Rys poeding, Swart Tee & Gekandiseerde, Beet & Lemoen en baie meer heerlike geure. Hulle doen nie net volksvreemde geure nie, maar ook jou meer alledaagse geure soos 65% Sjokelade, Grondboontjiebotter, Rosetta Roastery Koffie, Soet Room, Geroosterde Coconut en Koekie Deeg. Alle roomys is handgemaak om die beste kwaliteit en uniekheid van hulle roomys te behou. The Creamery is nie net oor die lekker roomys nie, maar ook die mooi en minimalistiese dekor van hulle winkels en stalletjies. Dit voel altyd of jy in ‘n skoon en oop omgewing is, waar jy jouself kan geniet. Hoekom wag jy? Hardloop nou na jou naaste The Creamery toe en gaan koop vir jou ‘n roomys. Ons gesegde is ‘n Roomys elke dag vir ‘n gelukkige siel. Baie dankie aan Chantelle en Jaun wat vir ons model gespeel het en Vorsprung Studio vir die pragtige foto’s.

Artikel Krediet:


Fotograaf: Vorsprung Studio | Winkel: The Creamery