Monoshop Aanlynwinkel Toer

Monoshop, ook bekend as Monoshop Aanlyn Winkel het in 2013 begin. Monoshop se eienaars was besig om hulle huis in Somerset West oor te doen en het in die proses met hulle eie ontwerpe opgekom (kussings, meubels, ligte, ens.), wat nou te koop is in Monoshop se pragtige aanlynwinkel. Die naam ‘Mono’ verwys na hulle monochroom (swart en wit) tema. Lees gerus meer onder oor ons onderhoud met die fantastiese winkel.


MonoShop_0001MonoShop_0002 MonoShop_0003


Wat verkoop julle by Monoshop?


Ons verkoop hoofsaaklik Skandinawies-geïnspireerde dekor, maar ons fokus ook baie daarop om mense te inspireer met ons styl sodat hulle hul eie huise op dieselfde manier kan mooimaak. Ons blog bied praktiese wenke oor hoe om hierdie styl te bereik met die hulp van ons produkte.

MonoShop_0004 MonoShop_0005


Waar kan ons julle produkte koop?


Ons produkte is slegs beskikbaar in ons aanlynwinkel (www.monoshop.co.za). Alhoewel ons nie op die oomblik ‘n fisiese winkel het nie, is dit moontlik vir ons Kaapse kliënte om ons ‘studio’ in Somerset Wes te kom besoek, waar meeste van ons produkte ten toon gestel word.

MonoShop_0006 MonoShop_0007


Wat is die inspirasie agter julle ontwerpe?


Die Skandinawiese styl is ons hoofinspirasie, so ons ontwerp en kies produkte met die oog op minimalisme, natuurlike teksture en ons swart-en-wit tema. Baie van ons produkte word deur ons ontwerp en gemaak, maar ons doel is ook om plaaslike ontwerpers/vervaardigers te ondersteun deur produkte aan te koop wat by ons styl inpas. Ons voer niks in nie – alles wat jy in ons winkel kan kry, is plaaslik vervaardig.

MonoShop_0008

Klik hier om Monoshop te kontak of stuur hulle ‘n e-pos na info@monoshop.co.za. As jy in die Kaap bly kan jy ook by hulle studio in Somerset Wes gaan inloer.