Esona in die Robertson wynvallei

Mooi Leefstyl was uitgenooi deur Mira van Hot Oven Marketing en Robertson Wine Valley om die mooi Robertson vallei en een van naweke ooit gehad het. Mira het vir ons ‘n paar van Robertson vallei se oulike verborge skatte gewys en laat ervaar.  Dit was ‘n belewenis en ons het baie ander fantastiese mense van die vallei ontmoet. Hierdie is ons eerste artikel van ons reeks Robertson vallei artikels. Een van ons gunstelling plekkies waar ons gestop het was by Esona

Die eienaars van Esona het spesiaal van die Kaap af gery het om ons te ontmoet en dit het vir ons ‘n baie spesiale betekenis. Dit was al klaar vir ons ‘n spesiale element gewees. Esona is geleë op ‘n klein plasie met ‘n lopende rivier stroom deur die plaas. Die proe kamer is op ‘n verdieping aan die buitekant wat uitkyk oor die pragtige landerye en berge. Esona se eienaars het ons trakteer met ‘n vingerhappie wat ons geniet het met ‘n bottel ‘Frankly my dear….’ wyn terwyl ons die uitsig bewonder. Esona is ‘n baie mooi boetiek wynlandgoed.

Robertson Wynvallei_0001Robertson Wynvallei_0002 Robertson Wynvallei_0003 Robertson Wynvallei_0004 Robertson Wynvallei_0005 Robertson Wynvallei_0006

Jy kan ook ‘n ondergrondse wynproe doen wat gepaard gaan met ingelegde vrugte, Die Lindt sjokolade uit hoë kwaliteit glase komplimenteer die wyn se smaak. By Esona se ondergrond proe lokaal sit jy in die donker met kerslig en sagte agtergrond musiek wat saamsmelt met die wyn wat jy proe. Dit is regtig ‘n fantastiese ervaring om wyn en musiek te kombineer.

Robertson Wynvallei_0007 Robertson Wynvallei_0008

Artikel Krediet:

Fotograaf: Vorsprung Studio