Oudtshoorn kuiertjie by De Zeekoe

De Zeekoe is slegs sewe kilometer buitekant Oudtshoorn gee en is ‘n mooi selfsorg en bed-en-ontbyt plekkie vir die paartjies en families wat ‘n wegbreek plekkie soek. Die naam De Zeekoe kom van die Hollandse naam Zeekoegat, wat letterlik seekoeigat beteken. De Zeekoe bied een en twintig luukse kamers, vie self sorg hout cabins en 3 self-sorg kliphuisies. Met so ‘n verkydenheid akkommodasie is daar iets vir almal om van te kies. Alle akkommodasie by De Zeekoee het handdoeke, beddegoed asook lugversorging. Daar is ook ‘n restaurant wat onbyt en aandete bedien op die perseel asook ‘n kroeg area.

Vir die van julle wat nie kan wegbreek van die internet nie en of daardie laaste e-pos voor die vakansie behoorlik begin moet stuur, is daar rgatis WiFi beskikbaar. Ander aktiwiteite op die plaas slit in: Fiets huur en rondry op die plaas, kayak op die rivier of darm en ook voël kyk met 162 species op die plaas, insluitend die bekende Visarend.

De Zeekoe_0001De Zeekoe_0002 De Zeekoe_0003 De Zeekoe_0004 De Zeekoe_0005 De Zeekoe_0006 De Zeekoe_0007 De Zeekoe_0008 De Zeekoe_0009 De Zeekoe_0010 De Zeekoe_0011 De Zeekoe_0012 De Zeekoe_0013 De Zeekoe_0014

Jy moet definitief ook die Meerkat toere doen. Klik hier om meer te lees oor die meerkat toere wat hulle doen by De Zeekoe.

De Zeekoe_0016


Krediet:

Foto’s: Verskaf deur De Zeekoe | Teks: Mooi Leefstyl