Pierre Jourdan se nuwe Wyn yslollies

Goeie wyn en vrieskaste gaan nie gewoonlik hand aan hand nie, maar dit gaan binnekort verander, wanneer ’n treffende nuwe reeks wyn-gebaseerde gevriesde yslollies net betyds vir die lente bekendgestel word.

Die Pierre Jourdan Wyn yslollies – of ‘PJ Pops’ soos hulle bekend staan – word met groot afwagting ontvang en is geïnspireer deur ’n oorsese produk. Dit is die breinkind van Natasha Alomia en Jon-Marc De Carvalho, stigters en direkteure van JML Consulting (Edms.) Bpk, ’n maatskappy wat spesialiseer in die bekendstelling van nuwe, gesondheids-, welstand- en leefstyl-handelsmerke.

Yslollies met ’n alkoholbasis is ’n wegholsukses in vername oorsese markte. Die bekendstelling van PJ Pops vier die eerste maal wat ’n tuisgemaakte, wyn-gebaseerde yslollie-produk op plaaslike rakke gaan verskyn. Die PJ Pops word op 1 September 2016 bekend gestel, met twee heerlike, treffende aanbiedinge wat van die Pierre Jourdan Brut, ’n Cap Classique; en die Pierre Jourdan Tranquille, ’n stil wyn- versnit van Pinot Noir en Chardonnay; gemaak is. Albei wyne kom van die bekroonde Franschhoek kelder, Haute Cabrière.

Pierre Jordan Lollys_0001Pierre Jordan Lollys_0003Pierre Jordan Lollys_0002

Alomia se skerp oog vir merkgewing en besigheid, word onderskryf deur haar globale agtergrond in strategiese bemarking en aangevul deur De Carvalho se sakevernuf.

“Ons twee bring ’n gesamentlike 20 jaar finansiële-, bemarkings- en besigheidstrategie ondervinding na die ontwikkeling van hierdie produk,” sê Alomia. “Pierre Jourdan is ’n uitstaande handelsmerk; en die wyne is sinoniem met gedeelde vreugde. Die wyne is heerlik en die handelsmerk het ’n sterk reputasie as pionier in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Dit is vir al hierdie redes en vele meer, wat ons gereken het dat Pierre Jourdan die perfekte handelsmerk-vennoot vir ons produk is.”

Pierre Jordan Lollys_0004

Haute Cabrière was die eerste Suid-Afrikaanse wynplaas om Cap Classique eksklusief van die edele kultivars, Chardonnay en Pinot Noir te produseer; en dit was dus heel gepas dat Alomia en De Carvalho die Pierre Jourdan-reeks gekies het om Suid-Afrika se eerste wyn-yslollies te loods.

Haute Cabrière is 30 jaar gelede deur Achim von Arnim, een van die pioniers van Cap Classique in Suid-Afrika, gestig en lê teen die hange van die wynland-dorp, Franschhoek. Vandag dra sy seun, Takuan, die kelder se sleutel en bou voort op Haute Cabrière se terroir-gedrewe filosofie dat goeie wyne in die wingerde gemaak word.

“Ons hanteer ons wyne met groot sorg en erns, maar wil hê mense moet pret daarmee hê; entoesiasties daaroor wees en ons sien die PJ Pops as ’n wonderlike manier om juis dit te doen,” sê Takuan von Arnim.

“Ons is verheug om met JML Consulting hande te neem op hierdie innoverende PJ Pops,” voeg Riaan van Niekerk, Haute Cabrière se bemarkingsdirekteur, by. “Die pioniersgees van Pierre Jourdan, die Franse Hugenoot wat in 1694 van die Franse dorpie, Cabrière hier aangeland het, leef waarlik nog by Haute Cabrière!”

Pierre Jourdan Brut en Pierre Jourdan Tranquille vier vanjaar onderskeidelik hul 30ste en 15de verjaardae en Alomia en De Carvalho het baie nou met Von Arnim saamgewerk om te verseker, dat die yslollies getrou bly aan die gees van die geliefde wyne. By die vervaardigingsproses word die wyne effe versoet met natuurlike fruktose om ’n meer dekadente nagereg-ervaring te verseker, maar die elegante Brut behou al sy suur en kompleksiteit en die Pinot Noir-gedrewe Tranquille verloor nie sy sagte blos en die bekoorlike boeket nie.

“Ons het ’n jonger oesjaar Cap Classique gebruik om die varsheid in die PJ Brut Yslollie te behou, terwyl die meer prominente vrugtegeure van die Pinot Noir in die Tranquille, dit ideaal maak vir diegene wat iets effe soeter verkies,” voeg Von Arnim by.

Pierre Jordan Lollys_0005

Vir diegene wat nog nie seker is wie is wie tussen ’n Chardonnay en ’n Pinot Noir nie, sal die PJ Pops gewis ’n elegante bekendstelling aan die wêreld van wyn wees.

“Die yslollies is ’n groot tree vorentoe om nuwe maniere te ontdek om wyn te geniet; en die ideale geleentheid vir mense om die wyne van Haute Cabrière te ontdek,” says von Arnim.

“Ons wil nie hê die yslollies moet enigsins afbreuk doen aan die gebottelde produk nie; hierdie is bloot ’n natuurlike voortsetting,” merk De Carvalho op. “Ons het al die geure wat jy in die bottel geniet, geneem en dit in ’n kontemporêre vorm gesit wat getrou bly aan die Pierre Jourdan-wyne wat ons almal ken en waarvoor ons lief is.”

“Hierdie is ’n produk wat enige tyd van die dag gedeel en geniet moet word,” voeg Alomia by. “Die Pops is nie net ’n ideale pasmaat vir ’n braai of piekniek nie, maar ook heerlik verfrissend aan die einde van ’n lang dag. En as jy ’n aandete beplan, onthou hulle is lieflik as ’n aperitif of as palaat-verfrisser. Hulle is selfs heerlik as ’n alternatiewe nagereg.”

Die kern van die aantreklike voorkoms van die PJ Pops is die stylvolle verpakking, wat die elegansie van die wyne vergestalt: donkergroen vir die Brut, ’n rosige blos vir die Tranquille, in ’n gesofistikeerde, ten volle herwinbare yslollie-sakkie met ’n 100% aluminiumfoelie seël wat moeitelose genot verseker: enige plek, enige tyd.

En as hulle effens smelt, sit jy dit eenvoudig terug in die vrieskas om binne 24 uur weer te vries.

Ten spyte van die PJ Pops se uitstaande luukse voorkoms, is hulle pryse kompeterend om beide begeerlik én toeganklik te wees.

“Ons het alreeds enorme belangstelling in die PJ Pops gehad en ná die bekendstelling sal dit by uitgesoekte luukse kroeë, hotelle, restaurante en laatnag kuierplekke in Gauteng en die Wes-Kaap beskikbaar wees,” sê De Carvalho. “Die PJ Pops sal ook by uitgesoekte wynfeeste en leefstyl-geleenthede regoor die land beskikbaar wees.”

In die handel sal PJ Pops op 1 September eksklusief in uitgesoekte Pick n Pay Liquor-winkels regoor Gauteng en die Wes-Kaap geloods word. ’n Volledige lys van PJ Pops verskaffers sal vanaf 1 September 2016 beskikbaar wees op www.cabrière.co.za of www.jmlconsulting.co.za

Volg Haute Cabrière op Twitter en Instagram, en Haute Cabrière en Pierre Jourdan  op Facebook.

Vir mediabystand, kontak Ian en Lise Manley van Manley Communications by 0861 MANLEY (626 539), e-pos lise@publicity.co.za of besoek Manley Communications se Mediakamer by www.manleycommunications.co.za

Pierre Jordan Lollys_0006


Artikel Krediet:

Foto’s en Teks verskaf deur: Manley Communications