Eet Vars & Spaar Tyd

Eet Vars en Spaar Tyd, dit is presies waarvoor Daily Dish bekend staan.  Diane De Villiers en Jo-Perre Lerm het Daily Dish vyf jaar gelede begin en vandag is Daily Dish ‘n aanlyn kos diens waar jy jou weeklikse spyskaart met bestanddele kan kry vir die week, vanaf Maandag tot Donderdag.  Daily Dish doen weeklikse aflewerings op Maandae tussen 8 vm en 5 nm en die boks bly vars vir agt ure na aflewering.

Jy moet nogsteeds die kos self maak, maar die bestanddele is klaar baie mooi verpak en baie maklik om net bymekaar te voeg. Dit neem gewoonlik so 30 minute om te maak van begin tot einde.

Daar is vyf spyskaarte, Classic, Banting, Vegetarian, Goodie & Pork-Free.  Die bokse kom vir 2 mense of 4 mense. Ons het die Banting spyskaart persoonlik probeer en was baie verbaas oor hoe lekker dit was.  Al die bestanddele was vars en het lekker vars gebly vir die volle vier dae in ons yskas by die huis. Die Maandag toe hulle dit kom aflewer het, was dit mooi toe verpak in ‘n tydelike koeler-boks sodat alles binne lekker koel en vars bly.  Dit is definitief die beste opsie vir besige werkende families wat opsoek is na iets wat hulle self kan maak, vars is en heerlik is.


dailydish_0007 dailydish_0008


Dit is maklik om by Daily Dish te bestel.

Jy besoek hulle Webtuiste, www.dailydish.co.za en kies jou spyskaart wat jy wil koop.  Boek voor 11 vm op ‘n Woensdag en ontvang jou spyskaart die volgende Maandag.  Dit is maklik, gebruik net jou krediet of tjek kaart om aanlyn te betaal en jou bestelling word afgelewer sonder enige probleme.

Daily Dish lewer af in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Port Elizabeth, Kwa-Zulu Natal en George area.  Daar is ander area’s ook.  As jy nie seker is nie, kontak Daily Dish direk om uit te vind of jou area deel is van hulle aflewerings roetes.


dailydish_0009 dailydish_0010


Artikel Krediet: 

Teks: Mooi Leefstyl | Foto’s: Verskaf deur Daily Dish