Ontdek Weylandts se nuwe voorkoms

Iets groots het Weylandts Durbanville getref. Na maande se voorbereiding, onthul Weylandts met trots hul nuwe winkel voorkoms. Die transformasie is volop en die resultaat slaan jou asem weg. Dink aan ‘n onderdak kwekery, ‘n moderne kombuisafdeling en natuurlik, ‘n groot verskeidenheid splinternuwe meubels en huisdekor.

weylandts_0001weylandts_0002 weylandts_0003


 ‘n Donker, meer somber voorkoms skep onmiddellik ‘n gevoel van kalmte en ontspanning. Dit komplimenteer die nuutste plaaslik- en internasionaal gesogte goedere perfek. Die dekor fokus baie op swartmetaal en ebbehout, met groot klem wat op herwinde hout en kontrasterende natuurlike materiale gelê word.


weylandts_0004 weylandts_0005


Die ikoniese Weylandts meubelreekse is steeds beskikbaar, maar ander is verfyn en ‘n nuwe baadjie gegee. Die resultaat sal jou na jou asem laat snak. Chris Weylandt sê: “Ons verfynde reekse spog met die unieke Weylandts DNA, top gehalte vakmanskap asook baanbreker ontwerp.”


weylandts_0006 weylandts_0007 weylandts_0008


Die nuwe kombuisafdeling dwing onmiddellik aandag. Dit is sonder twyfel een van die noemenswaardigste toevoegings. ‘n Staalfasade skep ‘n treffende agtergrond vir ingevoerde Noord-Europese kombuisware asook Duitse en Japanese kombuismesse. Dit huisves ook ‘n verskeidenheid Portugese breekware en tradisonele kombuisware.


weylandts_0009 weylandts_0010


Groen gaan nooit uit die mode uit nie. Veral nie as jy eers ‘n draai deur Weylandts se nuwe kwekery gestap het nie. Kompleet met nuwe meubels, plante, vetplante en stylvolle tuingereedskap, bied Weylandts jou alles wat jy nodig het om te verseker dat 2016 jou mooiste somer nog sal wees.


weylandts_0011


Besoek vandag jou naaste Weylandts en ervaar hierdie ongekende transformasie eerstehands. Vir meer inligting, klik hier om hulle webtuiste te besoek.


weylandts_0012


Artikel Krediet: 

Teks: Weylandts | Foto’s: Shannon Petersen / Weylandts verskaf