Skemerkelkies in Franschhoek

Almal se gunsteling weeksdag het pas nog meer bekoorlik geword, danksy die opwindende bekendstelling van #FestiveFriday by Franschhoek se geliefde landgoed, La Petite Ferme,wat teen die berghange waghou.  La Petite Ferme is nou dié plek vir skemerkelkies hierdie Somer, met ’n vars reeks handgemaakte skemerkelkie en gewis die beste uitsigte oor die vallei.



#FestiveFriday word op uitgesoekte Vrydae van 9 Desember 2016 tot 13 Januarie 2017 gehou, wanneer mengeldrankies en heerlike deli-styl smulhappies van 4-6nm in die pragtig-versorgde tuine van  La Petite Ferme bedien sal word, met strelende musiek-klanke wat die siel verkwik.  Die apploustrekker is die agtergrond van elke geleentheid – die majestueuse, berg-omraamde uitspansel van die pragtige Franschhoek-vallei.

Om te voorkom dat jy dieselfde ou keuses het, het die plaas besluit om sy eie produkte te vertoon en La Petite Ferme het hul eie spyskaart met heerlike #FestiveFriday skemerkelkies saamgestel:

  • The Pretty Lisa is geïnspireer deur ’n La Petite Ferme-legende, wat al drie dekades ’n gunsteling is.  Dit word met Vodka gemaak en kry onder meer ook aarbeie, lemmetjiesap, limonade en vars basiliekruid en is net só vars en verwelkomend as die regte Mona Lisa se glimlag.
  • The Mariano is La Petite Ferme se eie eksotiese skemerkelkie, met Latynse pizzazz.  Dis ’n Vodka-Vonkelende bessie-blits met mango en lemmetjiesap en vars ment.
  • The Spa is die perfekte drankie waaraan jy stadig kan teug, terwyl jy die natuur se mooiste, magiese skouspel aanskou. Vernoem na die hoof-bestanddeel – helende vars komkommer – het The Spa jenewer as basis en dit bevat ook lemmetjiesap, vars ment en vir balans is daar ’n klein leksel suiker.
  • The Garden breek die gietvorm. Buiten die pomelo- en lemmetjiesap en gemengde pepers, het die drankie ook vars koljander in – vars gepluk in die plaas se nuwe kruietuin. Al waaroor jy moet besluit, is: Vodka of Jenewer?

Die nuwe skemerkelkies is maar net die begin van die al die veranderinge op die bekende wynplaas, op die eponimiese bergpas-weg, hoog teen die hange van die Franschhoek vallei.  Die landgoed spog nou met ’n rustige deli-area onder die reuse bome, The Delicatess, en ook ’n nuut-opgeknapte restaurant, wat sewe dae per week oop is vir middag- en aandete.

Nou heers ’n elegante, dog ongekompliseerde, eenvoud, wat hulde bring aan beide funksie en nostalgie.  Die Libanese binnenshuise versierder, Claudia Chahine, het die dekor en ontwerp oorsien. Die talentvolle Kaapse keramiek-kunstenaar, Mervyn Gers, het die unieke reeks eetgerei spesiaal vir die restaurant gemaak en bring hiermee hulde aan die uitstaande kenmerke van die hemelhoë ligging van die plaas.

Ook is al die herwonne glasware spesiaal vir die restaurant gemaak, deur Ngwenya Glass.  La Petite Ferme se nuwe Somer-spyskaart is pas bekend gestel en bly getrou aan die hoë standaarde wat jy ken.  Dit bied ’n verskeidenheid afgeronde geregte, aards, dog wellewend, van klein bordjies en ligte etes, tot heilsame voorgeregte en verruklike nageregte, wat alles deur die seisoen geïnspireer word en met plaaslike wyne gepasmaat word.



Die uitvoerende sjef, Neethling du Toit, wat die afgelope agt jaar aan die hoof van die La Petite Ferme kombuis staan, is bekend vir sy plaaslike produkte wat hy in kreatiewe disse gebruik en dan ’n globale kinkel gee.  Hy sê gaste kan uitsien na dieselfde heilsame kos en elegante stilering, maar net met ’n vars kinkel.

“Van ons disse is só gewild en ‘vasgevang in die geskiedenis’ van die landgoed, dat ons hulle altyd op een of ander manier sal behou,” sê hy. “Die gerookte forel en die eiervrug-gerolde lam is beslis gunstelinge en ons sal nooit kliënte teleurstel wat van ver gekom het, om hierdie disse te kom geniet nie.”

La Petite Ferme beloof kunssinnige opdiening, briljante geur kombinasies en onverbeterlike diens en het ’n goeie reputasie opgebou as ’n eet-bestemming met natuurskone elegansie.

La Petite Ferme is bekend vir sy voorste boetiek wyn reeks wit en rooi, wat die unieke terroir van Franschhoek weerspieël. Buiten die restaurant en deli-area, bied La Petite Ferme ook ’n reeks akkommodasie met wingerd-suites of luukse kamers in die statige herehuis. Dit is ook baie gewild vir troues, geleenthede en funksies.

Geniet La Petite Ferme enige dag van die week of sluit by #FestiveFriday aan, wat tot die middel van Januarie 2017 gehou word.

#FestiveFriday datums vir jou dagboek:

9, 16 en 30 Desember en 6 en 13 Januarie.

Besoek www.lapetiteferme.co.za vir meer inligting. Vir restaurant-besprekings, stuur ’n e-pos na reception@lapetiteferme.co.za of bel +27 (0)21 876 3016.