Moderne hortjies vir jou huis

Plantation Shutters® het ‘n reputasie gebou as kwaliteit hortjies vanaf die jaar 2000, wat nie net mooi lyk nie, maar ook waarde heg aan jou huis asook ekstra sekuriteit en privaatheid.  Die industrie leier, maak hierdie mooi moderne binnehuis hortjies teen die hoogste standaard en word binne 21 werksdae vanaf bestel tot installasie voltooi.  Plantation Shutters® streef daarna om altyd die nuutste tendense te volg en in die huidige mode tendense te bly.  Hulle is ook geken vir hulle persoonlike verstellings en spesifikasies waarvolgens hulle werk, wanneer hulle jou binnehuis hortjies maak.

Met ‘n bekende naam in die industrie en geken is om saam met argitekte en ontwerpers te werk om die mooiste moontlike en funksionele binnehuis hortjies te ontwerp en maak.  Lees meer onder oor hulle nuwe reeks wat bekendgestel is.



Plantation Shutters® in samewerking met binne-huise ontwerper en konsultant, Sam Lurie van Sprout Design, het Plantation Shutters® hul heel eerste Ontwerper Kleur Reeks vrygestel. 21 Kontemporêre, maar klassieke skakerings van kleure, plaas hulle heeltemal in ‘n ander klas.

Sam Lurie het ondervinding in die hotel ontwerp bedryf asook residensiële ontwerp bedryf, wanneer dit kom by haar professie, so jy kan verseker wees dat die binnehuis hortjies van die hoogste standaard is en definitief inpas by enige luukse woning.  Sy het gebruik gemaak van neutrale en veelsydige palette wat omtrent by alles sal inpas.  Kleure sluit in: “Silever Lining, Overvcat, Black Olive en Shar”. Jy sal definitief iets kry wat jou smaak sal pas tussen die 21 verskillende kleurskakerings waarvan jy kan kies.

Vir meer inligting oor Plantation Shutters®, besoek hulle webwerf deur hier te klik.



Artikel Krediet: 

Fotografie: Voorsien
Teks: Verskaf deur Luxury Brands aangepas deur Mooi Leefstyl.