‘n Besoek aan Cavalli

Op ‘n perfekte Somersdag het ons ‘n besonderse ervaring gehad met middagete by die spog Stoet Plaas en Wynlandgoed, Cavalli Estate geleë in die Stellenbosch Wynroete.  Daar het ons niks minder as vyfster gasvryheid gekry van die vriendelike personeel nie.  Ons was absoluut in verwondering oor hoe stylvol en elegant ‘n werkende plaas kan lyk, met versorgde grasperke en formele tuine, wat uitkyk oor die prentjie mooi Stellenbosch berge. Julle kan meer lees oor ons ervaring onder.



Cavalli se eienaar het sy eie privaat versameling van sport stukke op uitstalling waarna jy kan gaan kyk wat enige sport liefhebber soos ‘n kind in ‘n lekkergoed winkel sal laat voel. Dit is die perfekte plek vir die manne om te wees, terwyl die dames die gallery en boutiek besoek.



Die kuns gallery, Equus Gallery, het natuurlik ons bekoor en ons het elke stukkie van Roelof van Wyk se “The World Is Our Clay/Ground” met verbaasing bestudeer in die bykans 600 vierkante meter ondergrondse gallery.  Equus Gallery roteer die uitstalling so elke drie maande  en stal van die beste Suid-Afrikaanse Kunstenaars se werk uit, so daar is oorgenoeg rede om gereeld te gaan kuier.  Die kunswerke is te koop om jou kunsversameling aan te vul en kuns word gesien as ‘n baie goeie belegging.



In die Equus Boutique is daar letterlik iets vir enige begroting en jy kan jou geliefdes bederf met ‘n spesiale geskenk, van parfuum, klere tot handsakke. Elke item in die boetiek is van hoë gehalte en is trots Suid-Afrikaans, wat net nog ‘n rede is hoekom jy hulle moet ondersteun. As jy  instap groet ‘n swart en wit muur met ‘n helderkleurige muur jou, wat jou aandag trek. Die boetiek hou ‘n beperkte aantal produkte aan, so jy hoef nie bekommerd te wees dat jy ure lank moet rond soek vir iets nie.



Die Cavalli Wynproe lokaal is enige Wyn en Whisky fynproewer se droom om te beleef.  Die eienaar se privaat Whisky versameling sal jou laat stom slaan.  Enigste slegte nuus is dat die Whisky is vir belegging doeleindes en nie net vir ‘n kuiertjie nie.



Die Cavalli Restaurant bied die perfekte uitsig vir nog ‘n meer perfekte kookkuns ervaring. Die restaurant het onlangs ‘n nuwe Somer Spyskaart bekend gestel en daar is iets vir elke palet.  By gesê is die items op die spyskaart alledaagse items wat die smaakkliere behoorlik prikkel en die maag ordentlik voed.  Die spyskaart gaan gepaard met ‘n bobaas wynlys en die smake komplimenteer mekaar perfek met die omgewing.  Jy is welkom om die spyskaarte te besigtig deur op die individuele skakels te klik.



Die sommelier het ons die hele Cavalli reeks wyne laat proe. Cavalli se eie reeks bestaan uit top gehalte wyne wat elke kultivar ‘n naam het wat gebonde is aan ‘n perd.  Die reeks se wyne sluit in: White Kight 2014 (Chenin Blanc), Vendetta 2015 (Viognier/Verdelho), Cremello 2014 (Chenin Blanc/Chardonnay/Verdelho) wat die CWSA Goue medalje gewen het, Pink Pony 2014 (Grenache Noir), Black Beauty 2014 (Shiraz) en Valkyrie 2014 (Malbec/Petit Verdot).

Vir ons drie-gang maaltyd het ons met die aanbevelings van die kelner gegaan en ons was vir een oomblik nie spyt oor ons keuses nie.

Vir ons voorgeregte was ons bedien die Geglasuurde Eend bors, Mango puree, Suikermielies Salsa, Nam Phrik en Klapper vermindering en Gestroopde Pruim & Beetslaai, Romerige Bloukaas, Okkernuet met Heuning en balsamiek.



Ons hoof geregte was ‘Acorn-gevoede’ Varkpens met Nam Jim Vermicelli , Bok Choy, Laksa sous, geroosterde Grondbone en die Springbok Lende, gestoofde skenkel, Blaarslaai, tuin-ertjie puree, verouderde Cheddar krokette, Salsa Verde wat behoorlik ons smaakkliere geprikkel het met die ploffing van smake.



Ons maaltyd het ons af geëindig met ‘n bederf vir die smaak palette wat ons nie wou laat op hou nie.  Vir nagereg het ons die Somer bessie slaai, gebrande Meringue, framboos room, Violet jellie, Morello Kersie sorbet en Amandel emalje sjokolade, Valrhona Jivara ganache, krakerige Praline, toffie Malvalekkers.


 

   

Artikel Krediet: 

Fotograaf: Vorspung Studio 
Teks: Mooi Leefstyl