Ons Besoek @Four Cousins in Robertson

Ons het gaan kuier by At Four Cousins se nuwe gebou wat in Oktober 2016 oopgemaak het vir die publiek.  Baie dankie aan Mira van Hot Oven Marketing wat die geleentheid gereël het.

Letterlik soos jy Robertson in ry is daar ‘n geruime tyd waar die ou Robertson Dros was ‘n nuwe argitektoniese gebou opgerig.  Skoon lyne en glas struktuur met die Four Cousins handelsnaam groet jou en jy voel dadelik die Robertson gasvryheid.



Proelokaal

Loop jy in by die ingang portaal van die nuwe At Four Cousins Restaurant word jy met vriendelike glimlagte van die personeel van die winkel en proelokaal gegroet.  Die proelokaal se muur is gevul met die Retief familie geskiedenis en dit is omtrent interessant om die geskiedenis agter die baie bekende Van Loveren plaas en Four Cousins wynetiket te leer.  Bowendien sal jy aangenaam verras wees dat die 1,5L Soet Rosé maar net die begin was van ‘n wonderlike en prettige reeks wyne, elk met sy unieke standaard en agtergrond.



Boet Beer?

Die Four Cousins handelmerk is sinoniem vir die eerste gebottelde soet Rosé wat gely het tot wonderlike gebeure, maar vir sommige is dit nou net ‘n swartkol van geheue verlies en baie erge kopseer.  Gelukkig was jy nog jonk en jou liggaam het spoedig herstel van die vorige dag se manewales.  Die Neefs was verseker besig die afgelope paar jaar en hul het ongelooflike toevoegings by die Four Cousins handelsmerk familie gebring.

Die Boet Beer is maar een van die toevoegings wat ons tonge laat klap het en die kunsvlyt bier word reg daar op die perseel gebrou en bestaan uit Lager, Weizen, Pilsner, Ale wat net ‘n paar is so daar is definitief ‘n bier vir elke palet.



Whisky?

Ons het voorheen genoem dat die Neefs nie toelaat dat gras onder hul voete laat groei nie en spog Van Loveren met ‘n Vyf, Agt en Twaalf jaar gemengde Skotse Whisky.  Die Whisky is eg Skots, want die gedistilleerde Whisky word in Skotland vir die Retiefs van Van Loveren gebottel.



Argitektuur

Mooi was nog nooit vervelig nie en definitief is die mooi Argitektuur van die At Four Cousins Restaurant ook ‘n element wat die verbeelding oop maak na so veel meer moontlikhede.  Minimalisties en baie glas is die orde van die dag.  Soos by die Van Loveren plaas met die mooiste tuin en bome wat vir elk geleentheid geplant was of net sommer om ‘n boom te plant, is die tradisie gevolg met die splinter nuwe gebou.  Nie een enkele boom was afgekap of geskuif nie.  Die gebou moes opgerig word rondom die bome.

Die gevoel van die restaurant bring buite na binne en laat jou voel of jy in die kalmte van die natuur sit.  Die restaurant is so gebou dat daar drie dele is; Die eerste deel is die formele area. Die tweede deel is sagte rusbanke wat direk uitkyk op die kombuis aan die een kant en glorieryke tuin aan die ander kant en hier is definitief meer aksie.  Die derde deel is by die kroeg en broukamer so hier word gelag en is die jongspan welkom.  So daar is ‘n area vir elke tiepe mens om die tyd by die Four Cousins restaurant te geniet hoe hy of sy dit verkies.



Proeë

Die Retiefs weet hoe om voorsiening te maak en ons was verbaas met die kreatiwiteit hoe die proe skinkborde saam gesit was en die elemente gepaard om wyn te proe.  Vervelig is die dae van Kaas en Wyn, lewe bietjie en probeer Wyn en Liquorice of Whisky met ‘n Sweetypie.  Definitief die grootste aantrekking punt en ‘n moet beleef.  Sit dit dadelik op jou lys van moet doen dinge voor jy sterf.

Die spyskaart oortref alle verwagtinge en die kombuis weet verseker hoe om van die smaakkliere te prikkel en tot hartsnare te tokkel.  Nie net smaak die kos uit die boonste rakke nie, maar is die voorlegging van buite-die-wêreld en die spyskaart se ontwerp self stel nie te leur nie.

Moet nie op julle laat wag nie, kry ‘n klomp lekker mense bymekaar en vat die pad na mooi Robertson aan.  By die nuwe Four Cousins Restaurant is daar geen pretensie, geen beheer….


 


Artikel Krediet

  • Fotos:  alle regte voorbehou deur Vorsprung Studio.  Kontak die fotograaf vir gebruiksaanwysings regte.
  • Geskrewe: Mooi Leefstyl