Sagte Pienk Swangerskap Fotosessie

Terwyl hul in opgewondenheid wag na Rachel-Ann se geboorte het Lee-Ann ‘n mooi swangerskap fotosessie laat afgeneem is in die Suide van Johannesburg.  Lee-Ann wou baie graag blomme deel hê van die fotosessie en dit is ook die rede hoekom dit aan die begin van lente plaasgevind het. Die talentvolle Dominique van Hello Love Photography het die swangerskap fotosessie afgeneem met ‘n pragtige natuur agtergrond van blomme en bome.  Hulle wou die beste van die fotosessie maak om die swangerskap van hulle baba dogtertjie te onthou.  Ouboet was ook deel van die fotosessie en het dit gate uit geniet. Lee-Ann se rok is vanaf YDE en die oomblik wat sy dit raakgeloop het moes sy dit onmiddellik koop. Wie het ooit gesê swanger dames, kan nie ook mooi aantrek nie? Swangerskap is ‘n besonderse geskenk en jy moet elke oomblik daarvan geniet.



Artikel Krediet: 

Fotograaf: Hello Love Photography