Eet by Foxcroft in Constantia

Foxcroft is die nuutste tendens om te besoek as jy ‘n heerlike ete wil geniet in die Constantia Vallei.  Met ‘n aroma van botterige bakkery en die reuke van die boomryke Constantia Vallei maak ‘n wen kombinasie. Die bekroonde La Colombe Uitvoerende Sjef, Scot Kirton, en sy land-staande Deeg Sjef, Glen Foxcroft Williams, het hulle droom gevolg en die deur van Foxcroft Restaurant oopgemaak. Foxcroft is ‘n restaurant en bakkery wat varsgebakte lekkernye en brode bak.

Foxcroft is ‘n familie naam van Glen se kant wat verwys na ‘n gevoel van erfenis, wat perfek inpas by die Constantia Vallei, wat self baie gaan oor erfnis, saam met kieskeurige plaaslike en internasionale kliënte. Hulle winkel is geleë in die High Constantia Sentrum en is oop vir middagete vanaf 12 nm tot 2:30 nm en vir aandete vanaf 6 nm tot 8:30 nm.  Hulle bakkery is ook oop daagliks vanaf 8vm tot 4nm.

Maak ‘n draai by winkel agt en nege in die High Constantia Sentrum op die hoek van Groot Constantia en Constantia Hoofweg.  Ons beveel aan jy kontak hulle voor die tyd om ‘n bespreking te maak, omdat Foxcroft vinnig ‘n baie populêre restaurant geword het vir plaaslike families om te gaan eet.

Ons is mal oor die interieur van Foxcroft, die donker mure met titsels ligte teëls en die brons elemente in die ligte en ook potte skep ‘n baie moderne en luukse gevoel. Dit gee ook die gevoel van ‘n baie meer manlike ontwerp op ‘n manier en laat jou baie welkom en warm voel.



Die oop kombuis tema is vir ons ‘n baie groot pluspunt. Dit is altyd lekker om te sien hoe hulle met ‘n mens se kos werk en laat jou amper deel voel van die hele proses om die kos voor te bery op ‘n manier.



Artikel Krediet: