Eet by The Stack

The Stack het verlede jaar weer hulle deur oopgemaak na ‘n aaklige brand wat plaasgevind het nadat hulle slegs ses dae oop was en die boonste vloer van hulle pragtige restaurant afgebrand het.  Sarah Ord en haar man, hotelier Nigel Pace, het alles ingesit om The Stack gereed te kry vir die heropening en nou dat hulle oop is, is hulle baie trots op die eind resultaat.

The Stack se dekor is Kreatief, Modern en definitief nie iets wat jy al voorheen in Kaapstad gesien het nie.  Dit is kleurvol en definitief ‘n kuns-stuk op sy eie.  Ons is mal oor The Stack se dekor en vind dit ietwat eksentries en perfek vir die kreatiewe persoon.  Die dekor is definitief ‘n trek krag vir The Stack, maar moet nie vergeet van hulle heerlike spyskaart nie.

Hulle het ook ‘n privaat lidmaatskap wat werk op ‘n verwysing struktuur, sonder plek vir ego’s.  So almal wat lidmaatskap kry tot The Stack is individue wat lekker saam kan ontspan en nie net ontspan nie, maar ook besigheid kan gesels.

Op hulle spyskaart sluit dit in as voorgereg: Salmon Gravadlax tot Duck Rillettes.  Hoofgeregte sluit in Duck à L’Orange, Butternut au Gratin tot Ratatouille.  Dan ons gunsteling! Nageregte soos Tarte aux Poires et Chocolat, Tarte au Citron tot Assiette de fromage is wat jy op The Stack se spyskaart kan sien.

The Stack is die perfekte plek vir jou om ‘n heerlike aandete te geniet met spesiale vriende of familie. Maak jou bespreking nou by The Stack.



Artikel krediet: