Ons besoek BOSJES Plaas

Mooi Leefstyl en Mooi Troues was uitgenooi as media om die prentjie mooi BOSJES Plaas en seker mees gepubliseerde Kapel in Suid-Afrika te kom besoek in Worcester.  BOSJES Plaas se splinternuwe restaurant maak sy deure oop in die Breede vallei tussen Worcester, Rawsonville en Ceres, middel Maart 2017.  Die 18de eeuse Kaap-Hollandse herehuis op die protea- en vrugte familieplaas, dien as die historiese- en argitektoniese teenvoeter vir die moderne lyne van BOSJES Kombuis.  Die tipiese plaas-kombuis met sy eenvoudige en moderne spyskaart, wat deur vars produkte onderskryf word, kan met ’n glas plaaslike wyn of vars gedrukte vrugtesap geniet word.

Die kontemporêre, lig-gevulde ruimte is ontwerp deur Coetzee Steyn van Steyn Studio, wat ook die treffende, Avant-garde BOSJES Kapel ontwerp het.  Die kapel is omring deur meditatiewe tuine en die glas muur-gebou met sy vloeiende wit dak, lyk asof dit rustig op ’n reflektiewe dammetjie dryf.  Die vyf slaapkamer gastehuis – ideaal vir toergroepe- rond die transformasie van dié plaas na ’n sjiek plattelandse wegbreek, af.

Die plaas bied tees, middagetes en ’n kuierplek vir die vieringe van spesiale geleenthede, met ’n asemrowende uitsig oor die vallei tussen die Witzenberg- en Slanghoekberge. BOSJES, slegs ‘n uur se ry van Kaapstad, is die ideale natuurskone dag-uitstappie.



Met sy ontblote dak-balke, die warmte van hout en koper en indrukwekkende dakvensters wat die diepblou hemel bo die bergpieke omraam, pas die nuwe restaurant perfek in met sy landelike omgewing.  Komplementêre en kontemporêre interieurs is geskep deur Liam Mooney, die ontwerper wat ook verantwoordelik is vir die interieurs van die BOSJES Skuur gastehuis.  Handgemaakte houtmeubels, Lee Broom-ontwerpte kandelare en volwasse bome in reuse potte bring die natuur na binne.  Die algehele prentjie verryk – eerder as om te kompeteer met – die ongelooflike uitsigte.  Tafels spoel uit op die terras met sy berg-uitsigte en gaste se aandag word dadelik gelok na die wispelturige boom muur-kunswerk deur die kunstenaars Michael Chandler en Lucie de Moyencourt, geïnspireer deur porselein skerwe wat op die plaas opgegrawe is en bestaan uit 366 blou-en-wit handgeverfde teëls.  Meer as 100 spesies Fauna en Flora word in hierdie meesterstuk uitgebeeld, wat BOSJES se eie lewensboom is.

Die bekende Suid-Afrikaanse glans-sjef, Pete Goffe-Wood, bring sy moeitevrye aanslag na die spyskaarte en sy persoonlike aandag en ondervinding na die BOSJES Kombuis.  As die konsultant-sjef vir hierdie opwindende nuwe eetplek, was Pete se opdrag om die gevoel en atmosfeer van ’n rustieke plaas-kombuis te skep.  “Dit is so na aan huis-kos as wat jy kan kry, maar baie meer afgerond,” verduidelik hy.

Die bekendstelling spyskaart bevat maklike, bekende disse van ou gunstelinge met ’n plaaslike kinkel, soos vars Salm-koekies met ’n Avokadoslaai en tuisgemaakte Suurlemoen-mayo; ’n reuse graswei beesburger met Camembert, gekaramelliseerde uie en spek; of Lamsnitte met juweel-helder Taboulehslaai en vars komkommer Raita.  “Jy sal nie opgesmukte borde kos hier kry nie – geen smeersels, skuime of klontjies nie – net eerlike, handgemaakte kos wat uit die hart voorberei is,” voeg Pete by.



Die BOSJES Kombuis is onder die daaglikse bestuur van die bekwame uitvoerende sjef, Kim Cox, wat waardevolle ondervinding in ander plaaskombuis-restaurante opgedoen het, waarvan Eight Restaurant by Spier en die Deli by Boschendal sekerlik die bekendstes is.  Sy het ook die voormalige Bacon Bar by Le Quartier Francais geopen.

“Die ontspanne, aanloklike ligging verleen homself aan heerlike, seisoenale, moderne trooskos,” verduidelik Kim, wie behelp is met plaaslike bestanddele wat haar filosofie van etiese boerderypraktyke, vrywei diere, natuurlike of organiese groente en SASSI groen-lys seekos, onderskryf.

Kim se sygladde roomyse in geure soos Sjokoladebruintjies, vanielje en koffie, is só onweerstaanbaar, dat gaste maklik weer sal uitry plaas toe vir nog ’n skeppie. Ander nageregte wat jou sal uitlok, sluit amandel Pannacotta met geposjeerde pere, broskoek en ’n outydse Malvapoeding met vanieljeroomys, in.

Die kinder-spyskaart bestaan uit smaaklike gryp-en-gaan keuses, soos skyfies met tuisgemaakte kaasburgers, vis goujons of BBQ hoenderboudjies en tuisgemaakte roomyshorinkies, gevolg deur die genot van die fantastiese kinder-speelgrond, wat deur Leanie van den Vyver ontwerp is en selfs spog met elektriese blou klipspringer-standbeelde.

Kim voorsien vir troues en funksies ruim, oestafel-geïnspireerde spyskaarte kreunend onder tuisgebakte brode, slaaie, rustieke terriens, geroosterde groente, heel beesfillet wat oor die kole gebraai word en geroosterde, gemarineerde lamskouer.

Buiten die BOSJES Kombuis, sal daar ’n daaglikse keuse van varsgebakte koeke, skons en southappies wees, wat informeel bedien word in die opelug teetuin naby die kapel.

“Ek bewonder wat die eienaars hier in ’n vergete hoek van die Breede Vallei wil bereik,” sluit Pete af.  “Hier is geen ego betrokke nie.  Dis bloot ’n familie wat ’n platform wil verskaf, waar die beste van die vallei, sy mense en sy produkte vertoon kan word.”  Om die kroon te span, sal die fondse wat uit die restaurant, teetuin en gastehuis vloei, alles na die BOSJES Trust gaan, wat in waardige gemeenskap-bemagtiging projekte gestoot sal word.



BOSJES Kombuis open sy deure aan die publiek in middel Maart 2017 en sal van Woensdae tot Sondae, slegs vir middagete, oop wees.  Vir besprekings en funksies, bel  gerus +2723004 0496, e-pos eat@bosjes.co.za of besoek www.Bosjes.co.za



Artikel Krediet: