Chanell & Quinton se Swangerskap fotosessie

Dit is tog belangrik om ‘n swangerskap fotosessie te hê wat jy saam jou plakboek vir jou babba kan wys wanneer hy/sy ouer is.  Mooi Leefstyl is altyd opgewonde oor nuwe lewentjies en dus deel ons die pragtige swangerskap sessie van Chanell en Quinton met julle.



Wat is die inspirasie agter die fotosessie gewees en waar het dit plaasgevind?

Doel van hierdie fotosessie was om verlore te raak in die pragtige omgewing, maar ook om die liefde van ons gesin uit te straal.  Ons was opsoek na mooi blommevelde, goue sonsondergang en ‘n romantiese natuur.  Saam met dit ‘n stylvolle kleredrag.  Harmonie Proteas het die perfekte prentjie geskep, en so het ons gunsteling fotograaf ons spesiale oomblik van moederskoot vasgevang.



Watter advies kan jy as ‘n Moeder gee aan toekomstige Mamma’s?

Om ‘n mamma te wees is ‘n eer.  Dit is die grootste liefde wat mens ooit sal ken.  Dit is belangrik om te onthou dat jy elke dag saam jou klein-mens moet geniet.  Hulle word tog so vinnig groot. Bring elke moontlike oomblik saam jou kind deur, jy weet nooit wanneer dit van jou ontneem kan word nie.  As iemand jou hulp aanbied, gryp dit met albei hande.  Dit is ook belangrik om steeds jou eie tyd te hê, al is dit om bietjie slaap op te vang. Vertrou altyd jou instink.  Jy ken jou kind die beste.



Waar koop jy oulike swangerskap klere? Is daar enige item in jou kas wat jy mal is oor?

Wanneer ‘n vrou swanger is kan jy jouself baie maklik afskeep.  Jy voel nie aldag mooi nie, daarom vind ek dit is belangrik om mooi aan te trek en bietjie op te dol.  Ek hou van mode so koop klere van verskillende winkels.  Ek verkies iets waarvan ek hou en koop dit net in ‘n grote wat my pas.  Dit is ook lekker om net gemaklik te wees, so kry iets waarin jy gemaklik en pragtig voel.  Items in my kas waaroor ek mal is, is definitief n gemaklike bra. Dit hou mens se gevoelige borste in plek.  ‘n Sportbra of ‘n bra sonder draad-ondersteuning werk gewoonlik die beste.  Pantoffels is altyd ‘n wenner, na ‘n lang dag verlig dit vinnig die seer van mens se voete.



Is daar iets op jou hart het wat jy met ons wil deel?

Om ‘ mamma te wees is ‘n eer en seëning.  Geniet jou swangerskap, neem baie fotos en hou boek van jou swangerskap.  Sien uit na die oomblik wanneer jy jou nuwe liefde van jou lewe gaan ontmoet.



Diensverskaffers: