Jou Paasfees Tafel Inspirasie

Die inspirasie agter die fotosessie was die woord “Lewe”.  Dit is die simbool wat Natja van NR Creative Group assosieer met Paasfees.  Doring take, eiers wat nuwe lewe verteenwoordig, die breek van die brood en Jesus se bloed is wat die wyn is.  Die talentvolle fotograaf, Susan du Toit en Natja het koppe bymekaar gesit om vir ‘n pragtige Paasfees maaltyd tafel bymekaar te sit.  Paasfees is ‘n baie belangrike tyd van die jaar vir die Christen geloof en daarom moet jy dit ekstra spesiaal maak, met ‘n mooi tafel soos die een wat ons vandag met jou deel.


Die stilis se advies vir gashere wat ‘n Paasfees tafel moet versier:

“Wat is dit omtrent Paasfees wat jy vier en jou hart aangryp?  Gebruik die gevoel, boodskap, kleure as jou hoof inspirasie en hou daar by.  Die meeste detail en mees treffendste boodskap is in simplisme.  Ek brei graag uit …. As jy na die tafel kyk sal jy sien die hoof visueel komponent is eiers en doring takke.  Albei sal tien teen vir meeste ‘n baie eenvoudige voorwerp wees.  Doring takke het in hulle eenvoud so ’n sterk boodskap, kleur gewys meng dit perfek in met die kleur van die brood en die wyn.  Eiers het soveel vlekke, kolle en kleur skakerings.  As ek na die besonderse detail kyk van die eier dan laat dit my dink aan marmer.  Alles natuurlike elemente en kleure …. Doring takke, eiers, brood, marmer wat my gedagtes nie dan net lui na natuurlike kleure nie, genaamd blou en groen (natuur, die natuur = blou lig en groen natuur), maar die kleure bring my weer terug na die kruisiging prentjie wat ek in my kop het, die donker blou lig agter Jesus toe hy gekruisig is, die omgewing om hom, die kleur van die kruis en doring krans wat alles kleure is wat op ons Paasfees tafel sigbaar is.”



Artikel Krediet: