Selfdoen: Sement hartjie blompotjies

Maak self jou eie hartjie-vormige tafel geskenkies.  Dink weer wat jy met sement kan doen, te danke aan Builders…  Voeg meer liefde by jou tafel met die maak van die oulike klein tafel geskenkies, bring dit na lewe deur mini kaktus of vetplante daarin te plant.  Hier is wat jy benodig: sement, bousand, water, emmer, Latex handskoene, vormmaker; mini kaktusse en/of vetplante.  Meng die bogenoemde met entoesiasme bymekaar om jou innerlike selfdoen potensiaal na vore te bring en jy sal nou ‘n stap nader wees om meer liefde op jou tafel by te voeg.

Hier is ‘n paar maklike stappe om jou perfekte tafel geskenk te skep:

  1. Dra lateks-handskoene en meng gelyke dele sement en sand in ‘n emmer. Voeg water in klein hoeveelhede by en meng goed.  Wenk: Die sement moet die tekstuur van deeg wees.
  2. Druk ‘n bietjie sementmengsel in die onderkant van die vormmaker. Plaas die plant in die houer bo-op die sementmengsel en vul die omringende ruimte met sement. Druk dit in die vormmaker – pasop vir die dorings!
  3. Tik die kante van die vormmaker om borrels in die sement te verwyder.  Laat droog word vir ten minste 48 uur.
  4. Neem die verharde sementvorm uit die vormmaker.
  5. Jy kan dit ‘n stap verder neem om kleur by jou skepping te voeg!