Lulu & Marula: Natuurlike & organiese velsorg, handgemaak in Suid-Afrika

Die gesukkel met haar eie vel en liefde vir haar hond het Jesslynn Schlamm ‘n trots Suid-Afrikaanse natuurlike velsorg produk per ongeluk begin wat nou ‘n reuse handelsnaam en sukses is.  Lees meer oor Lulu & Marula se ontstaan onder en bestel dadelik produkte vir jou!



Wie is die stigter van Lulu & Marula?

Ek, Jesslynn Schlamm, ‘n groen-skoonheid entoesias en velsorg produk opgaarder.



Wat is die geskiedenis van Lulu & Marula?

Lulu & Marula het organies begin, byna per ongeluk.  Ek het begin met die maak van produkte vir my eie temperamentele vel – ek het nog altyd aan hormonale aknee gely, en geen tradisionele of spa-voorgeskrewe produk het gehelp nie.  Dit was in die tyd dat gesig-olies en reinigings-balsems redelik gewild geword het in die skoonheidswêreld.  My vel was lief vir die bestanddele en natuurlike olies wat ek gebruik het. Ek het begin om versoeke van vriende en familie te kry om liggaam-balsems of gesig-olies vir hulle te maak, en baie gou het ek ‘n aanlyn winkel en deeltydse besigheid opgestel.



Hoekom die naam Lulu & Marula?

Lulu is my familie hond – ek is obsessief met honde, veral haar!  Maroela-olie is ‘n belangrike bestanddeel wat deur die hele vel-versameling gebruik word.  Dit is ‘n wonderlike bestanddeel wat met antioksidante en essensiële vetsure gevul is, plus dit is baie liggewig en kan slegs in Suider-Afrika gevind word.



Is al jou produkte 100% natuurlik?

Ja, ons gebruik slegs natuurlike gemaalde plantaardige olies, essensiële olies, water, klei en botter. Nie een van ons bestanddele of produkte bevat skadelike chemikalieë nie, en hulle is ook nie op diere getoets nie.



Hoekom moet mense vir ‘n meer natuurlike benadering gaan?

Daar was ‘n groot oplewing in holistiese welstand, eet gesond, oefen en sorg vir jouself; Dit sluit jou vel in.  Soveel as wat mense nou versigtig is om verwerkte chemiese voedsel te gebruik, geld dit ook vir jou vel, aangesien jou vel die grootste orgaan van jou liggaam is en dit absorbeer wat jy dan in jou bloedstroom plaas.  Meer en meer navorsing verskyn wat dokumenteer van die langtermyn-gevolge wat gifstowwe in skoonheidsmiddels op jou gesondheid kan hê.  Om  natuurlik te gaan, elimineer die risiko’s, en is vir jou liggaam vriendeliker.



Watter produkte is beskikbaar van Lulu & Marula?

Ons het ‘n verskeidenheid van gesig velsorg produkte wat ontwerp is vir ‘n olierige en gevlekte vel tipes, saam met ‘n sensitiewe, volwasse en droë vel.  Ons het ook ‘n reeks liggaam balsems, bad olies en lip balsems.



Hoe en waar kan ons lesers Lulu & Marula produkte koop?

Die maklikste manier is deur middel van ons aanlyn winkel, www.luluandmarula.com.  Ons doen deur-tot-deur koerier diens, wat gratis is vir aankope vir meer as R500.  Anders kan jy kyk na ons webwerf vir ‘n lys van kleinhandelaars in Kaapstad, Johannesburg en Durban.

Volg ons op Facebook en Instagram!



Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur Lulu & Marula