Ons kuier by Faf & Imari se huis

Paartjies wat saam kos maak spandeer kwaliteit tyd saam met mekaar en daar kan gedurende die voorbereiding van ‘n heerlike ete oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe gesels word.  In die moderne lewe is die lewe ‘n gejaag en meeste kommunikasie is via tegnologie.   So bêre die selfoon en maak saam jou maat ‘n smeulende ete.

Ons sien onder hoe Faf en Imari met mekaar tyd spandeer terwyl hul ‘n heerlike ete voorberei en Susan du Toit Photography het die oomblikke op kamera was gevang terwyl Natja Reney Lifestylist van NR Creative Group die meesterbrein agter die konsep van die leefstyl fotosessie was.

Inspirasie van die fotosessie?

Tuis is waar die hart is, en is die hart van die huis maar nie die kombuis nie.  In die geval van Faf en Imari is dit.  As paartjie geniet hulle tyd voor die kospotte en om saam etes voor te berei.  Met enige bord kos is wyn natuurlik ’n belangrike by bestanddeel en deel hulle graag hulle passie ook vir die wanneer hulle tyd saam spandeer en lekker gesels.  Die eenvoud van die fotosessie is geïnspireerd deur die treffende eenvoudigheid van die binnekant van hulle huis.  Eenvoudig maar tog warm en huislik.

Wie het die fotosessie gereël en hoekom het julle gekies om dit by die huis te doen?

Susan het my gekontak en gesê dat Faf en Imari graag ’n sessie vir hulself wil hê, en ons basies vlieë teen die muur moet wees en dit moet vasvang.  Ek was gevra om die Konsep- en inhoudsontwerp te doen en natuurlik dan uiteindelik die leef-stilering.

Wat is julle advies vir jong paartjies wat nounet getroud is?

Weet wat is jou rol in die huwelik as Christen vrou en man en wees dit vir mekaar.  Laat elkeen toe om daai rol te vul.  Weet dat naas God se liefde vir ons en ons liefde vir Hom is die huwelik die sterkste tipe krag en liefde wat bestaan. In Engels: “wifes, never stop dating your husbands. Husbands never stop pursuing your wifes.” ; en soos per ons Bybel, naas God moet julle altyd mekaar se nommer een wees.

Diensverskaffers: