Die dakwoonstel in die lug: ‘n Samewerking tussen Weylandts Spaces & Blok

Weylandts Spaces, die interieur-ontwerp afdeling van Weylandts, Suid-Afrika se voorste meubel- en dekor handelaar, en Blok, ‘n stedelike eiendomsontwikkelaar, het ‘n unieke vennootskap gevorm vir die bekendstelling van die Blok se Bantrybaai-ontwikkeling, TWELVEONV.  Meer spesifiek die 3-verdieping dakwoonstel wat die gebou se boonste verdiepings beklee.

TWELVEONV is die juweel in Kaapstad gebaseerde Blok se stedelike ontwikkelings kroon.  Geleë op Victoriaweg, skyn die oseaan-geïnspireerde struktuur  met energie.  Vanuit alle hoeke is die gebou uitsonderlik, wat die estetiese aantrekkingskrag van ‘n reeds pragtige omgewing verhoog.

Eenheid 5A is die drie-verdieping dakwoonstel met onbelemmerde uitsigte van die berg agter, oseaan voor, en Bantry Bay tussenin.  Die woonstel het drie slaapkamers, 3,5 badkamers, ‘n uitgestrekte 500m² totale binne- en buitekamer en privaat swembad, en elke spesifikasie is voltooi volgens die hoë standaard waarop Blok bekend geword het.

Hierdie asemrowende dakwoonstel wat uitsonderlike afwerking vereis het, het gelei tot die vennootskap tussen Blok en Weylandts Spaces.

Weylandts Spaces is gestig om interieurs te skep wat die persoonlike visie van hul kliënte weerspieël.  Chris Weylandt, hoof van die departement en sy span het nie net die ikoniese meubels waarvoor Weylandts bekend is, saamgestel nie, maar ook ‘n verskeidenheid op maat gemaakte stukke spesiaal vir die TWELVEONV-dakwoonstel geskep.

Hierdie benadering is in lyn met ander reekse wat Anna Weylandt (Chris se dogter) ontwikkel het vir die handelsmerk om die groeiende neiging van afskakeling van groter huise tot kompakte stedelike eenhede te benut.  Alhoewel die eenhede dalk kleiner van grootte is, bly die luuksheid en gemak waarmee al Weylandts se produkte bekend is.

“Ons mikpunt was om versigtig stukke uit ons bestaande reekse te kies wat direk by die Blok-kliënt sou aanlok, noukeurig met die in ag neming van materiaal, kleure en teksture,” verduidelik Chris.

Hy het egter voortgegaan: “Waar daar unieke vereistes was, het ons unieke oplossings gevind deur die ontwerp en vervaardiging van verskeie stukke om die prentjie te voltooi tot die hoogste moontlike standaard van gemak en ontwerp in te pas.”

Die resultaat was ‘n meesterlike binnenshuise ontwerp. Ingesluit is die Haiku-beddens in die gaste kamers, ‘n Oslo-bed gemaak op maat in die hoofslaapkamer met ingeboude kopstuk en bedkassies en die Kappa-eettafel in die leefarea.  Die kontemporêre dekor- en meubel handelaar is nog altyd bekend vir hul natuurlike Eikehout meubels, en dit is prominent en het nou ‘n geformuleerde donkerder afwerking.

Chris Weylandt het gesluit: “Ons wou hierdie dakwoonstel  wêreldklas hê, en ons het dit gedoen deur al die aspekte van die Weylandts-merkaanbieding te integreer, van hoogs gedetailleerde beplanning en ontwerp tot die lewering en installering van die beste meubels en huisware.”

“Ons is ongelooflik trots om handelsmerke soos Weylandts te kon hê om ‘n projek soos hierdie te begin,” sê Jacques van Embden, MD van Blok.  “Die Blok estetiese is, dwarsdeur al ons huise, minimaal, skoon en aandagtig ontwerp.  Ons het altyd gevoel dat Weylandts ‘n soortgelyke visie en passie het, en ons is baie tevrede met die werk wat Weylandts Spaces gedoen het om hierdie reeds meesterlik ontwerpte woonstel te voltooi.”

“Dit is nie net ‘n wonderlike werklike voorbeeld van ons werk nie, dit word ook tradisioneel van die plan af verkoop, maar aangesien dit tans nog op die mark is, is dit ‘n groot geleentheid vir ‘n onderskeidende koper om ‘n uitstekende eiendom te besit op Kaapstad se hoogs begeerlike Atlantiese kus.”

Dit is net die eerste projek wat beplan was om ‘n lang en vrugbare vennootskap tussen Weylandts en Blok te bind, so kyk na hierdie ruimte(s) vir wat volgende opkom!



Artikel Krediet: