Middagete by Martins Bakkery

Martins is ‘n bekende bakkery waar jy nie net heerlike vars gebakte produkte kan koop nie, maar ook ‘n heerlike ontbyt of lip-lek lekker middagete saam met jou vriende of werk kolegas kan geniet.  Martins Bakkerywas gestig deur Firmono Martis in 1970, en was eers bekend as “Steurhof Cafe” gewees, ‘n plaaslike kruideniers winkel.  Die besigheid opvolger, John Martins, het toe in sy Pa se spore gevolg en besluit om ‘n bakkery oop te maak in 1983.

John het sy werk bedank as ‘n bestuurder by die Bank van Lisbon om sy passie vir bak te volg saam met sy vrou, Teresa.  Die Europese-styl bakkery is nie net ‘n bakkery nie, maar ook ‘n kontemporêre deli en koffiewinkel wat gevul is met vars geure van al die gebak.  By Martins Bakkery kan jy nog heerlike vars brood koop, wat persoonlike aandag gekry het en nie allerhande ongesonde bestanddele in het nie.  By Martins kry jy alles van brode, rolletjies, die heerlikste varsgebakte pasteie, koekies en soet lekkernye soos brownies en varsgebakte heerlike klam koeke.

Hulle het tot Banting en ook Glutenvrye produkte beskikbaar, so as jy op die Banting dieet is of onverdraagsaam teenoor is, dan is Martins Bakkery die plek om te gaan besoek.

Vir die soet tand het hulle beskikbaar: Oliebolle, Deense, Skons, Kopenhagen, Croissant, Botterbroodjies, Palmier, Biscotti, Koeksisters, Plaatkoekies, Florentynse, Pasteitjies de Nata, Terte, of Kolwyntjies.

Hulle Gourmet Toebroodjies is van ons gunsteling keuses op hulle spyskaart.  Günther het die Gerookte Hoender filet met soet chili sous, songedroogde tamatie, gemengde groenigheid op ‘n suurdeeg brood geniet.  Jaun het die Spek, Avokadopeer. songedroogde tamatie, tuisgemaakte basil pesto en gemengde groenigheid op ‘n suurdeeg broodjie geniet.

Ons het aartappelskyfies saam met dit geneem en glo ons as jy nog nooit ‘n Martins Gourmet toebroodjie geëet het nie, mis jy baie uit.  Dit is groot en gevul met ordentlike vulsel.  Ons is groot eters en het gesukkel om dit op te eet.  Dit was rêrig heerlik gewees.  Ons moes ook ‘n heerlike sny koek en rooibos cappuccino as nagereg neem, net om ons soet tand ook ‘n bietjie aandag te gee.

As jy weer ‘n oulike plekkie soek om by te gaan eet of vars gebakte produkte, dan moet jy 43 Hoofstraat, Diep Rivier toe ry en Martins Bakkery gaan besoek.  Teresa en haar man, John is die vriendelikste mense en as jy die kans het om hulle te ontmoet sal jy verstaan hoekom Martins Bakkery so geliefd is onder plaaslike kliënte.



Artikel Krediet