Ons gesels met Jislaaik Aanlyn-winkel

As jy nog nie gehoor het van Jislaaik Aanlyn-Winkel nie, dan moet jy hierdie artikel se vrae en antwoorde lees.  Jislaaik is ‘n oulike aanlyn-winkel wat trots Suid-Afrikaanse produkte verkoop.  Lees meer oor hulle in die artikel en geniet die mooi foto’s van hulle fantastiese produkte.

 

Wat is Jislaaik?


Jislaaik is ‘n woord wat regdeur Suid-Afrika gebruik word.  Dit word gewoonlik gebruik as ons verbaas, verstom of beïndruk is en dit is presies wat ons wil doen!  Ons word gereeld vertel “#watnnaam” want Jislaaik is eie aan Suid-Afrika en dit lê al te lekker op die tong!  Ons doel is om plaaslike ontwerpers en vakmanne by te staan deur hulle meer blootstelling te gee.  Jislaaik is ‘n aanlyn-winkel platform en ons is vasbeslote om daardie verskillende talente en plaaslike helde uit te lig.  Jislaaik sal letterlik die land deurkruis en geen steen ongeraak laat in ons soeke na plaaslike talent, om hierdie land se skeppingsvermoë te lig en SA te ondersteun.  Ons het ‘n verstommende land, ‘n mallemeule rit maar verseker opwindend en uniek.

Wat differensieer Jislaaik?


Jislaaik het ‘n oog vir blootstelling van plaaslike talent – Ons almal is passievol oor ons land so kom ons ondersteun “plaaslik”.  Waar ons koop, waar ons eet, waar ons ontspan – dit alles maak ons gemeenskap ons tuiste. ‘Daar is ‘n magdom onontdekte plaaslike talent in ons land en daarom wil ons dit uitlig en bekendstel aan mede Suid Afrikaners.  Ons is uniek in soveel opsigte – 11 amptelike tale, die groot 5 en ‘n diverse kultuur.  Dit is wat S.A. definieer.  Ons missie is om die onbekende talent en unieke produkte op ons platform blootstelling te gee.  Hoekom?  Deur plaaslike produkte wat deur ons plaaslike vakmanne gemaak word te bevorder kan ons ‘n beter lewe skep en gemeenskappe inspireer.  Jislaaik se produkte is uniek in hul eie manier, elke vakman of ontwerper het hul eie style of diverse.  So wees verseker dat wat jy op Jislaaik se aanlyn winkel koop is 100% uniek en oorspronklik.  Ons teiken mark verskeie van jonk na oud, modieus tot eenvoudig en “hipster” tot kleurvolle persoonlikhede.

Wat kan jy op die Jislaaik platform koop?


Jislaaik fokus op handgemaakte plaaslike produkte van ‘n hoe kwaliteit wat nie in winkels beskikbaar is nie.  Voorbeelde is: binne-huise versiering produkte soos strooi-kussings, muur behangsels en gebreide komberse.  Mode items soos T-hemde en handsakke.  Enige ander unieke eg Suid Afrikaanse produkte wat plaaslik vervaardig is.  Het jy al ooit gewonder wat om vir iemand te kry vir ‘n geskenk?  Jislaaik man, hier kan jy enige iets kry wat jy nie gewoonlik in winkels sien nie.

Hoe werk Jislaaik en is daar koerier fooie?


Jislaaik se aanlyn winkel werk so maklik soos een twee drie, eerstens snuffel jy deur ons unieke produk lys op die webwerf, tweedens besluit jy wat jy wil hê en dan met ons outomatiese uitteken sisteem vat dit jou na die bladsy toe waar jy jou besonderhede invul en ‘n betaling maak met “Payfast”.  Derdens laat weet ons jou dat jou bestelling geplaas is en wanneer dit by jou deur sal verskyn.  Jislaaik vra wel ‘n koerier fooi wat ‘n vasgestelde bedrag is van R70.00

Watter areas koerier julle produkte?


Vir nou is meeste van Jislaaik se produkte net beskikbaar in Gauteng, maar ons beplan om binnekort uit te brei na Kaapstad, P.E. en Durban.

 

Volg Jislaaik op Facebook en Instagram vir oulike inspirasie en bestel jou gunsteling produkte op hulle webverf