Ons is Afrika

Ons is Afrika…en oeh watter mooi diverse land met verskillende kulture het ons hier in Suid-Afrika.  Elke kultuur bring tevore sy unieke talent wat Suid-Afrika internasionaal bekend maak.  Wees trots op ons land en al sy mense en lees onder die inspirasie vir die Erfenisdag fotosessie en asemrowende mooi fotos geneem deur In Abundance Photography

Wat was die inspirasie vir die mooi fotosessie?


Ons inspirasie vir hierdie fotosessie was eers net Afrika… om die reënboog kleure en gevoel van ons land en nasie vas te vang.

Toe ons eers besef dat dit Erfenis maand was, het ons begin om voluit alles te begin reël.  Om ‘n Afrika-ontwerper te kry is nie altyd so maklik nie en vir inspirasie is ons toe na die Shwe-Shwe winkel in Johannesburg middestad toe.  Daar ontmoet ons toe hierdie ongelooflike klassieke vrou wat bereid was om ons te help… min het ons geweet dat sy eintlik ‘n internasionale ontwerper is…. Ledikana…. Met haar hulp het ons alles begin reël, en met 2 pragtige modelle het ons nie net ‘n fotosessie gehad nie, maar nuwe vriende ontmoet.

Blomme was absoluut alles Afrika, van Proteas tot speldekussings en met die plaaslike inwoners van Zandspruit informele nedersetting se entoesiasme het alles net bymekaar gekom.  Wat ‘n ongelooflike ervaring en inspirasie…


Diensverskaffers

Modelle:

  • Candice Mama, jou glimlag en energie straal uit, ons is lief vir jou.
  • Kaone Monamodi, Jy is pragtig, van binne en buite.

En aan al die pragtige inwoners van Zandspruit Informele nedersetting … ons het pret gehad …