Selfdoen Kosstasie vir jou hond

Ons vriende by Builders wys vandag vir jou hoe om jou eie honde kosstasie te maak vir jou beste vriend.  Bederf jou woef soos ‘n Koninklike en skep ‘n kosstasie wat help om hul kos-bakkies bymekaar te hou en nie te laat rond staan nie en so bly jou leefruimte ook mooi netjies.  Die beste deel om jou eie kosstasie te maak, is dat jy dit kan inpas by die res van jou huis dekor.

Jy benodig die volgende gereedskap en entoesiasme om jou aan die gang te kry: skroewedraaier, boor met 10mm boorpunt, kompas, potlood, Figuursaag, G-klemme, maatband en verfkwas.  Dit is die materiale wat jy sal benodig: 300mm x 2,4m gelamineerde denneplank, gesny in die volgende lengtes, twee 280 x 300mm, drie 450 x 300mm, 22 x 22mm-denne stawe gesny in vier 100mm lengtes, 3 x 40mm snyskroewe, ‘n deurskynende plastiek boks (415 x 170 x 290mm), twee metaal kosbakke, water gebaseerde emaljeverf en Harlequin buite vernis om die denne hout te seël.

Jy kan al die bogenoemde gereedskap en dinge kry by jou naaste Builders.

Volg die stappe:


  1. Heg die twee lang panele aan die twee kort panele om ‘n boks te skep.  Die lang panele is ‘n bietjie groter as die kort panele;  Dit is om die deksel maklik te laat pas.
  2. Bereken waar die twee bakke op die oorblywende 450mm-plank gaan wees en gebruik die kompas om sirkels te trek, sodat jy die gate vir die bakke kan trek.  Onthou om die gate kleiner te maak as die omtrek van die bakke se rante, sodat die bakke maklik inpas en nie deur val nie.
  3. Gebruik die 10mm-Hout boorpunt, boor loods gate aan die binnekant van die sirkels wat jy in stap twee geteken het.
  4. Maak die hout vas aan jou werkbank met G-klemme en sny die sirkels uit met die figuursaag.
  5. Meet die breedte van die hout aan die kort sye van die deksel en plak die vier 100mm-stawe aan die binnekant van die vier hoeke.
  6. Verf die deksel met twee lae emaljeverf en verseël die blote hout met twee lae helder Harlequin hout vernis.  Laat die verf deeglik droog word tussen die verskillende lae.

Net so! Nou kan jou hond lekker in styl eet.


Artikel Krediet:

  • Artikel: Builders
  • Foto’s: Builders