La Petite Colombe by Le Quartier Français

Franschhoek is wêreld bekend as die prentjie mooi kos-en-wyn kapitaal van Suid-Afrika, is in rep-en-roer oor die oop maak van die ikoniese La Colombe se nuwe La Petite Colombe, wat The Tasting Room by Le Quartier Français sal vervang.  ‘n Opwindende nuwe vennootskap met die eienaars van die stylvolle en luukse Leeu Collection is begin.

Eienaar-sjef en sakevennoot, Scot Kirston (Eat Out Chef of the Year 2015) en Hoof Sjef, James Gaag, sal ‘n talentvolle en uitgekose span bestuur, om die erfenis van hierdie bekende plek te paar met La Colombe se kookkuns.

La Petite Colombe sal ‘n nuwe interieur hê wat definitief jou oog sal trek.  Argitekte, Rohan Young en die Leeu Collection se binne-huis ontwerper, Beverley Boswell is verantwoordelik vir die klassieke en moderne-platteland geïnspireerde interieurs.

Die vernuwende 8- tot 12-gang spyskaart sal gaste verwelkom met die stylvolle voorkoms en bekende geure van die bekroonde La Colombe. Hulle fokus op die beste en in-seisoen plaaslike produkte, met die aanbeveling van hulle seldsame en puik wyn seleksie.

La Petite Colombe het oopgemaak op 1 Augustus 2017. Klik hier om jou aanlyn bespreking nou te maak.

Hier is nog redes om La Petite Colombe te besoek, kyk na die onderste lys van toekennings wat La Colombe al gewen het.

2017

  • World’s 50 Best Restaurants Awards (73rd position)

2016

  • Eat Out Top 10 Restaurants (Runner up)
  • Eat Out Service Excellence Award
  • Eat Out John Psillos Outstanding Contribution to Service Award (Jennifer Hugé)
  • Trip Advisor Top 20 Restaurants in the World
  • Trip Advisor Best Restaurant in Africa
  • World’s 50 Best Restaurants Awards (76th position)

2015

  • Eat Out Top 10 Restaurants (Runner up)
  • Eat Out San Pellegrino Chef of the Year (Scot Kirton)
  • Trip Advisor 2nd Best Restaurant in Africa


Artikel Krediet: