Vyf stêr verblyf vir jou vier-poot vriend

Die artikel is spesiaal vir die diere-liefhebbers wat selfs hul diere-kinders wil bederf met vyf-stêr behandeling.  Ons by Mooi Leefstyl is vreeslik opgewonde om met ons lesers die atFrits Dog Hotel & Daycare Centre te deel.

Geleë net af van Buitengracht Straat in Kaapstad by 121 Castle Straat, waar jy nou met behulp van Google ‘n toer kan doen van die hotel, is dit gemaklik dat jou beste vriend saam jou in-en-uit ry en geselskap hou in die druk verkeer; daar word gesê dat Kaapstad die mees opgehoopte verkeer het… Hul bied ook op pas dienste aan as jy ‘n afspraak het gedurende die aand,

Hier sal jou vier-poot vriend heel tyd speel tyd hê en daar is selfs webkamera’s waar deur jy hom of haar kan dop hou gedurende die tyd wat jul nie bymekaar is nie.

Daar is ‘n Salon en Spa so ons verseker jou dat jou vier-poot vriend amper nie eens gaan kans kry om jou te verlang met al die luukse bederf nie.  Sou dit vir een-of-ander rede nodig wees is daar ‘n veearts en ‘n fisioterapeut om al die skete en pyne beter te maak.

As jou vier-poot vriend ‘n self-verklaarde mode ikoon is, is daar ook ‘n ontwerper klere reeks wat nou 14 voorheen benadeelde  en werklose dames elk ‘n inkomste gee.

Ons as diere liefhebbers by Mooi Leefstyl weet dat diere van hul privaatheid hou en elk hul eie identiteit het.  atFrits Hotel los die probleem baie maklik op met kamers vir die Hollywoof bekende kan skuil vir die paparazzi, President van die honde, die ouma met haar gehekelde kombersie, die matroos wat so pas van die skip afgeklim het, die uitgesproke besigheid-woef, die teef langsaan en die argeoloë wat grawe vir dinosourus bene.

Blaai deur die fotos onder en kontak atFrits om jou geliefde vier-poot te bederf wanneer verantwoordelikhede jul skei.