‘n Dak Kafee in Maboneng

Maboneng is die gesamentlike middelpunt van kultuur, sake-en lewenstyl wat nuuskierigheid lok van regoor Suid-Afrika.  As jy opsoek is na ‘n oulike dak kafee en spasie vir jou volgende spesiale geleentheid dan het ons die perfekte plek vir jou in die hartjie van Maboneng.  Living Room Jozi is ‘n dak kafee en onthaal spasie met ‘n panoramiese uitsig van die stad en sal jy Johannesburg soos nog nooit tevore ervaar nie.  Moet nie bekommerd wees nie, nie alles is in die opelug nie.  Meeste van die dak area by Living Room Jozi is onder dak en dan is daar ‘n klein stukkie wat in die opelug is as jy daardie ekstra buitelig soek.

Hulle het in Julie 2012 oop gemaak as ‘n skou area vir hulle plante en vertikale tuine, waar hulle toe af en toe ‘n spesiale geleenthede aangebied het.

In 2013 het Living Room Jozi hulle deure oopgemaak as ‘n dak kafee en onthaal area.  Hulle is op die vyfde vloer van die Maboneng Precinct gebou, wat beteken “plek van lig” in Sotho.

As jy iemand is wat mal is oor plante, die stad en skemerkelkies dan is Living Room Jozi die perfekte plek vir jou.

Hulle besigheid ure is gewoonlik Woensdag tot Saterdag vanaf 11 vm tot 10nm en Sondae vanaf 11 vm tot 7 nm.  Dit is altyd ‘n goeie idee om hulle eers te kontak en hoor of hulle oop is vir die publiek.  Omdat hulle so ‘n populêre plek is, is hulle redelik besig met privaat funksies.  Klik hier vir hulle kontak besonderhede.

Volg Living Room Jozi op Facebook of klik hier om na hulle webtuiste te gaan en meer te lees.


Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur Living Room Jozi