Resep: Suurlemoentert Roomys

Suurlemoentert Roomys resep is vars en perfek vir die Somersdae wat binnekort hul draai gaan maak.  Stephanie Louw het met die lip-lek-lekker resep opgekom en ons moes dit net met julle deel.  As jy ‘n van vars smake hou dan sal jy definitief hierdie roomys resep ‘n probeer moet gee.

 

Bestanddele van Roomys


  • 250ml room
  • ½ blik kondensmelk
  • 150 gram suurlemoen wrongel
  • 8 suikerkegels
  • 8 velle bakpapier, min of meer A5 grootte
  • 4 eierwitte
  • 1 koppie strooisuiker
  • ¼ teelepel kremetart
  • knippie sout

Metode om te maak


Klits die room en kondensmelk tot en met dit die sagte piek stadium bereik.  Vou die Suurlemoenkool in die mengsel.

Vou die suikerkegels toe in bakpapier met en laat dit omtrent 5 sentimeter bo oor die suiker-kegel se boonste gedeelte gaan.  Maak die bakpapier vas met kleefband, sodat dit nie loskom nie.  Vul die kegels met die Suurlemoentert mengsel.  Laat dit regop staan oornag in die vrieskas.  As jy nie iets het om die roomyse regop te hou nie, neem ‘n roomysbak en sny gate daarin, sodat die roomyse regop kan staan in die gate wat jy gesny het.

Vir die Switserse meringue, meng die eierwitte, suiker, sout en kremetart saam in ‘n glasbak.  Plaas die glasbak oor ‘n pot stomende water en roer en krap voortdurend met ‘n buigsame spatel, tot en met die suiker opgelos is en die mengsel warm is.

Gooi dit oor in ‘n staanmenger toegerus met ‘n aangehegde klitser en klits die mengsel teen hoë spoed tot meringue glansend is en ‘n bol om die klitser te vorm.  Dit neem gewoonlik so vyf minute om by die stadium te kom.  Gebruik dadelik.

Skep dan die meringue mengse bo op die roomys.

Haal die bakpapier en kleefband af en gebruik ‘n blaasvlam om die meringue te brand tot en met dit bruin raak.

Bedien onmiddelik.

 


Artikel Krediet

  • Resep: Stephanie Louw