Terbodore Koffie Roasters

Die liefde vir Great Danes en lekker koffie is iets wat ons by Mooi Leefstyl in gemeen het met die familie wat The Terbodore Coffee handelsmerk begin het.  Nes die hond ras is die handelsmerk groot en vol liefde.

Van nederige passie om puik koffie te lewer, het ‘n die familie se droom waar geword om van Suid-Afrika se beste koffie versnit te lewer.  Terbodore koffie handelsmerk verpersoonlik die ware passie vir die maak van koffie – hulle is ambagsmanne wat waarde en presisie in koffie bone boerdery bo alles plaas.  Die liefde en sorg wat hul in elke geroosterde koffie sit, word geproe in elke gebroude koppie Terbodore wat geniet word.

Hulle voer Arabica koffiebone vanaf 13 verskillende lande en die bone word gerooster, vermeng en gegeur op hul perseel om die volle Terbodore reeks te maak.  Die toewyding in die maak van koffie is wat gelei het tot Terbodore se unieke smaak met geur en eienskappe van die land waar die bone vandaan kom.  Daar is vir elke tipe koffie liefhebber ‘n versnit wat die smaak kliere sal prikkel of jy nou hou van jou bone gemaal vir ‘n espresso, of as jy filter koffie verkies, is daar sewe verkillende versnitte van cafeïne vry tot bone waar gegeurde stroop bygevoeg word.

Julle kan Terbodore by enige groot handelaars vind, kyk net uit vir die geliefkoos Great Dane wat trots poseer op die pak en ons belowe julle dat julle met elke koppie koffie van Terbodore sal weggeneem word met smaakvolle aromas of by Big Dog kafee in Franschhoek ‘n draai gaan maak wat fokus op uitstekende koffie en baie interessante spyskaart met ‘n baie ontspanne atmosfeer.


Artikel Krediet