‘n Dag by die Moller gesin

Ons gesels met die Moller gesin.  Henk, Ilze-Maré en Jacobus het Lourens  verwelkom by hulle familie.

In hulle vrye tyd gaan stap hulle graag en Jacobus geniet ook die buite speel vreeslik.  Jacobus gaan in die oggende na ‘n skooltjie toe, maar in die middag is hy by ‘n kinderoppasster by die huis.  Lourens gaan tot 2 jaar ook by die huis bly by ‘n kinderoppasster, maar word tans bederf, omdat  Ilze-Maré nog by die huis is op kraamverlof.

Kos speel ‘n belangrike rol in ‘n kind se ontwikkeling.  Lourens is tans nog op melk en Jacobus is baie lief vir ‘n hoender en groentegereg wat Ilze-Maré vir hom maak.  Jacobus is allergies vir melk, eiers en neute, so dit maak die kosmaak bietjie meer ingewikkeld.  Ilze-Maré maak meeste van Jacobus se kos self en maak gewoonlik vir die res van die familie apart kos, omdat hy so allergies is.  Met ‘n 3 maande oue baba tans in die huis is Woolworths hulle beste vriend vir ‘n vinnig kosmaak opsie.

Tegnologie is fantasties, maar hulle probeer elektroniese toestelle se gebruik en televisie beperk tot sekere tye van die dag.  Dalk in die middag ‘n rukkie en weer in die aand.  Party dae is maar meer as ander sê Ilze-Maré, maar hulle probeer Jacobus se blootstelling beperk en ander aktiwiteite aanmoedig wat meer opvoedkundig is vir hom.

As ‘n familie geniet hulle die Groenpunt Stedelike Park & Biodiversiteit Tuine as ook That’s Eat in Durbanville; Eaglevlei in Stellenbosch en Stodels.

Geniet die Moller familie se fotosessie wat Nelani van Zyl afgeneem het.

Artikel Krediet: