Ons praat met Suid-Afrika se eie Michelin-ster-gegradeerde sjef

Ons by Mooi Leefstyl ondersteun Suid-Afrikaanse talent en lekker kos!  Ons is baie opgewonde om die artikel;  ‘n kombinasie van Suid-Afrikaanse talent met Michelin Sterre Gradering met ons lesers te deel.  As jy teen die tyd nie weet van wie ons praat nie; is ons super opgewonde om die artikel met jou te kan deel!  Ons voer ‘n onderhoud met Jan Hendrik van der Westhuizen die eienaar van die fynproewers restaurant JAN.  Jan Hendrik was so gaaf om in sy besige skedule vir ons persoonlik sy vrae te beantwoord en ons deel graag sy antwoorde met jou, sodat jul die meester agter die voorskoot beter kan leer ken. Hy vertel ons ook meer oor sy nuwe privaat eetkamer projek, MARIA: Ek het die afgelope tyd baie tyd spandeer aan MARIA; ‘n eksklusiewe en privaat eetkamer ideaal vir intieme groep besprekings. MARIA spog met pragstukke soos ‘n 1902 Baccarat kalendaar.  Sy is vernoem na my Ouma, wat volgende maand op die ouderdom van 90, die “groot opening” gaan bywoon. Hoe besonders!”

Waar het jy groot geword en wat wou jy wees toe jy klein was?

Ek het in Middelburg,  Mpumalanga groot geword en ek wou ‘n vlieënier wees.

Wat inspireer jou om ‘n beter mens te wees?

Die feit dat ek altyd, altyd eerste doen wat my gelukkig maak.  Om voluit te lewe.

Noem een ding wat jou ontstel.

Mense wat kortpad vat!

Het jy ‘n stokperdjie, behalwe kos maak, waarvan min mense weet?

Ek skilder graag, maar ek kom selde daarby uit deesdae.

Eerste herinnering van kos maak en watter dis was dit as jy kan onthou?

Vetkoek maak saam met my Ouma.  Ek het my gebrand met ‘n paar druppels olie, ek het  nogsteeds die merkies op my arm.

Vanwaar kom die liefde vir kos maak?

My twee Oumas het my geïnspireer om kos te maak.  Ek onthou die heerlike reuk van gebak in die oond en kuiers om die tafel.  Hulle resepte is goud werd.  Vandag gebruik ek baie van hulle resepte by JAN.

Hoekom die besluit om ‘n restaurant oop te maak juis in Nice?

Tyd en plek.  Dit was altyd ‘n droom om ‘n klein restaurant te hê.  Nice is waar ek dieselfde gevoel as Kaapstad gekry het.  Dit het ‘n atmosfeer van vakansie en rustigheid.  Daar is selfs ‘n “noongun” daagliks om ons te herinner om te gaan eet.

Verduidelik vir ons die gevoel van JAN.

JAN is ‘n kunswerk en is intiem en romanties.  Die diens is op ‘n ander vlak en dis kos vat jou terug na goeie plekke.

Watter tipe kosse kan ons lesers verwag van JAN?

Eerlike, seisoenale Suid Afrikaanse kos met ‘n kinkel.

Wat is jou gunsteling kos om te eet wat jy nie self maak nie?

Ek is mal vir enige iets wat lank in ‘n pot gekook het met liters rooiwyn!  Ek eet ook alles.

Enige advies vir Suid Afrikaners wat Frankryk toe wil toer?

Moenie te veel probeer sien nie, doen liewers een of twee plekke en doen dit rustig en ordentlik.  Hulle moet definitief nie JAN mis nie, asook al die vars produkte markte.

Artikel Krediet:

Teks en foto’s verskaf deur JAN Restaurant