Sterkste fone in Afrika

Rugged SA is die ideale foon vir ‘n hardwerkende persoon wat bang is hulle foon breuk vinnig.  Ons gesels met Jacques Els, die stigter en huidige besturende direkteur van Rugged SA.  Rugged SA versprei verskeie ruwe-tipe geharde fone.  Alhoewel die fone nie vervaardig word in Suid-Afrika nie, word hulle definitief getoets in Suid-Afrika om seker te maak hulle kan alle omstandighede weerstaan.  Vanaf November 2015 toe Rugged SA begin was tot nou het hulle al 10 werknemers, wat vir ons fantasties is.  As jy ‘n liefhebber is van Android sagteware, hoef jy nie bekommerd te wees nie, want Rugged SA se geharde fone hardloop almal op die nuutste Android sagteware.

Die fone is huidiglik nie beskikbaar op kontrak nie, maar hulle is tans besig om hulle eie netwerk te skep wat binne die volgende paar maande beskikbaar sal wees.  Kliënte kan dan kies om van hulle fone op kontrak basis by hulle te kry.  Ons dink dit sal ‘n spel-wisselaar wees.

Rugged SA bied ‘n 1 jaar vervaardiger waarborg saam al hulle produkte.  Alle herstelwerk word gedoen by hulle gesertifiseerde herstel sentrum by hulle Randburg kantore.

By Rugged SA is hulle trots om te noem dat hulle net die sterkste fone in Afrika verkoop.  Hulle het elke sterkfoon moontlik getoets om te verseker dat hulle die beste van die beste het.  Elke foon word deur ‘n water toets gesit om te verseker hulle kan tenminste 30 minute onder water bly in ‘n diepte van 1 meter.  Om te verseker die foon is sterk, toets hulle elke model deur met ‘n 4X4 motor oor die foon te ry en te verseker die foon is in ‘n 100% werkende kondisie na die tyd.

Op die huidige stadium is hulle fone fisies beskikbaar net in Johannesburg.  Hulle beplan om binne die volgende 6 maande ‘n tak in die Weskaap oop te maak.  Hulle lewer wel landwyd af binne 48 uur.  Dit is gelukkig baie maklik om een van hulle fone aanlyn te koop en nogsteeds vriendelike en vinnige diens te kry.  Daar is geen beter tyd as nou om vir jou ‘n goed geprysde Rugged SA foon te gaan koop nie.  Klik hier en bestel jou foon aanlyn.

Hulle huidige 3 beste verkopers in verskillende prys-klasse is as volg: R1999 – AGM M1 Mini,  R4799 – Blackview BV6000 en R7999 – UleFone ARMOR 2.

Rugged SA se top sterkfoon se spesifikasies is as volg:

  • 5″ Vol HD 1080p Gorilla Glas 3 (5de Generasie)
  • IP68 Waterbestand, Stofbestand, en Skokbestand
  • 16MP Agterse Kamera
  • Dubbele Sim (Oop tot alle netwerke)
  • Octa-Core verwerker
  • 64GB Interne Geheue
  • 6GB RAM
  • NFC
  • 4700mAh Battery (1 – 3 Dae)
  • Ondersteun SD Kaart tot 256GB
  • Vingerafdruk skandeerder
  • SOS & PTT (Push-To-Talk)


Artikel Krediet