Heerlike Koek & Koffie

As jy ‘n koek liefhebber is moet jy dadelik ‘n draai maak by Velvet Cake Co.

Ons het gaan kuier by hul Durbanville tak en kon ons self nie stop om amper elke koek te probeer wat hulle in die winkel het nie.  Velvet Cake Co. belowe om elke dag vars koek aan hul kliënte te verskaf deur dat hulle nooit ‘n koek vir langer as een werksdag beskikbaar sal hê in die winkel nie.  Nie net maak die winkel ongelooflike lekker produkte nie, maar gee ook om vir hul medemens – alle oorskiet produkte word geskenk aan liefdadigheid sodat geen kos vermors word nie.  Altyd goed om te weet dat ‘n besigheid ‘n hartklop het.

Elke week verras Velvet Cake Co. jou met ‘n nuwe soort koek, omdat daar geen standaard soort is wat jy elke week daar sal kry nie.  As jy ‘n gunsteling het kan jy wel op aanvraag die koek bestel vanaf hul webtuiste ongeveer 24 uur voor die bestelling afgelewer sal word.  Die koeke word gebak deur ‘n ervare span wat soms selfs deur die nag werk om seker te maak koeke word op die hoogste standaard gemaak.  Die produkte is ook uniek en die Sjef gebruik haar eie resepte wat verseker dat hierdie koek soos geen ander winkel s’n sal proe nie!

Wat hul produkte anders maak as meeste bakkerye is dat alle koeke Roomkaas versiersuiker het.  Hierdie roomkaas versiersel word as buite versiering gebruik of tussen die verskeie lae.

Hul gewildste koeke sluit in hul Rooi Fluweel en Kaaskoek variasies asook die Coco Chanel Velvet Gold koek. Die laasgenoemde is ‘n donker sjokolade koek, met meringe donker sjokolade ganache daaroor gedrup.  Gaan geniet ‘n heerlike sny koek (of ‘n hele een) en ‘n koppie koffie saam met jou vriende.


Maak ‘n draai by een van Velvet Cake Co. se twee winkels.  Hulle tak in Bellville se adres is 10 Bella Rosa, Rosenpark, Bellville of hulle tak in die stad is 16 Loop Straat, Kaapstad middestad.


Artikel Krediet: