‘n Mark vir almal in Stellenbosch

Dit is weer KAMERS/Makers tyd en ons is baie opgewonde.  KAMERS/Makers is halfpad deur hulle jaar van mooimaak en uitreik… ’n jaar van goeie werk waarby verskeie gemeenskappe baat.

Hulle maak gereed vir KAMERS/Makers Stellenbosch en Irene hierdie somer, met meer as 160 makers wat die varsste en mees innoverende produkte ten toon stel – van mooiste mode tot lekkernye… skoonheidsprodukte tot keramiekware… juweliersware, leefstyl produkte, musiek en meer!

Na ’n rekord April opskiet-vertoonvenster in Johannesburg het hulle in Mei nog ’n KAMERS/Makers in Kaapstad se ikoniese Kasteel gehou, waar die eerste van hulle Mzansi Makers projekte met groot sukses ten toon gestel is.

Mzansi Makers is hulle nuwe uitreik en mooimaak projek – ’n niewinsgewende organisasie wat talentvolle makers van voorheen benadeelde gemeenskappe uitsoek en mentor, om hul kreatiwiteit by KAMERS/Makers ten toon te stel. Sodoende help hulle nie net hierdie makers om hul vaardighede te verbeter nie, maar gee hulle ook ’n platform om suksevolle artisinale besighede te begin.

Gedurende die afgelople 15 jaar het KAMERS tientalle Makers aan die hoofstroom handelsmark bekendgestel, waar hulle nou volhoubare besighede bedryf. Verskeie het gevestigde name in Suid-Afrika geraak. 2017 sit hierdie tendens voort met drie van ons makers wat uitvoerkontrakte na Holland, Milan en Florida finaliseer – alles te danke aan hul teenwoordigheid by KAMERS/Makers!

Met hierdie momentum stel hulle saam met tientalle nuwe makers ook vyf nuwe Mzansi Makers projekte by KAMERS/Makers Somer 2017 bekend, beginnende by die asemrowende Anura Wingerde, naby die N1 buite Stellenbosch.

Hulle borgskap vennoot, Absa, sal weereens die nuutste innoverende betalingsmetodes na die tafel bring en dit makliker as ooit maak om jou gratis, versamelaarstuk inkopiesak met unieke KAMERS/Makers produkte te vul.

Hulle sluit 2017 af met ’n gunsteling vir ons Pretoria en Jozi-aanhangers – KAMERS/Makers Irene, terug by Southdowns College naby Centurion vir die sesde keer. Sonder om teveel weg te gee kan hulle belowe dit gaan beter as ooit wees!

En as die wag steeds nét te lank is, vind die wonder van KAMERS/Makers aanlyn by shop.kamersvol.com regdeur die jaar!

Artikel Krediet: 

Fotograaf: Charl du Preez
Stilering: Nicky Myburgh