Eenvoudig gesonde ontbyt keuse

Nicola het Simply Granola in November 2016 gestig en is tans steeds die “one-woman-wolfpack” agter die besigheid, maar vertel, alhoewel daar een naam op die amptelike dokumente van die besigheid staan sy dit nie sonder die ongelooflike ondersteuning van haar man sou kon doen nie.

Nicola vertel hoe Simply Granola ontstaan het;  Daar was ‘n lang pad van bak voor die amptelike stigting in November 2016.  As ‘n klein dogtertjie het daar ‘n weergawe wat vandag “The Classic” genoem word, op hulle ontbyt-tafel gestaan.  Sy het dit jare lank vir haarself en later vir haar man gebak vandat sy uit haar ouer-huis uit is.  Nicola het haar Ma se resep aangepas om nie enige toegevoegde of verfynde suikers te bevat nie, wat ook een van die kern beginsels is van Simply Granola.

Die stigting van Simply Granola was in ‘n mate amper ‘n formalisering en om ‘n identiteit te gee aan ‘n konsep en leefstyl-beginsel wat oor die jare al vorm begin kry het.

Hoe die naam Simply Granola gekies is, is tweeledig:

Die kern beginsel van die produkte is dat dit die bestanddele in hulle eenvoudigste vorm sover moontlik moet wees, met niks bygevoegde ekstras en weggesteekte “klein skrif” nie. “A product where the front of the bag is as honest as the bag – it is, simply, granola.”

Die tweede rede agter die naam, en ‘n baie sterk invloed tot vandag toe, is dat Nicola se primêre uitgangspunt die van eenvoud is.  Van haar resepte, bestanddele wat sy gebruik, die bak metodes en verpakking – eenvoud en simplistiese oplossings sonder enige fieterjasies.  Nicola het alle produk-soorte, resepte en dies meer geskrap van die tafel as dit nie eenvoudig genoeg was nie.  Sy glo werklik dat kwaliteit produkte nie onderhewig hoef te wees aan ingewikkelde prosesse en bestanddele nie.

Nicola is mal oor die woorde van Koos du Plessis:

“Eenvoud is die vreugde van die lewe;
dis gee en neem net wat daar is;
dis dankbaar eet van elke skewe
snytjie brood wat liefde is.”

Tans produseer Simply Granola drie soorte granola’s – The Classic , Oh My Cocoa! en Peanutbutter Lover.  Heuning is een van die kerm bestanddele in haar produkte, so dit was ‘n natuurlike byvoeging tot haar huidige reeks van produkte toe sy vroeër vanjaar Simply Honey bygevoeg het.

Alle produkte word met die hand gemaak vanaf haar huis in Somerset-Wes. Sy sien uit daarna om binnekort na ‘n groter bakkery spasie te kan skuif, maar vir nou is haar eie kombuis 100% voldoende.

Nicola bestel al haar bestanddele by verskaffers in Suid-Afrika en ondersteun sover moontlik privaat bye-boere vir haar heuning.  Van haar neute word haselneute wel ingevoer deur plaaslike verskaffers, omdat dit nie in Suid-Afrika gegroei word nie en ongelooflik duur is indien jy wel dit plaaslik kan opspoor. Nicola geniet dit om verhoudinge te bou met haar verskaffers en ‘n pad te stap – Nicola glo hulle kan so baie by mekaar leer en wedersyds bydra tot die plaaslike ekonomie en ook plaaslike werkskepping so te ondersteun.

Tans kan lesers landwyd haar produkte koop op Simply Granola se webblad – www.simplygranola.co.za.  Sy het vroeër die jaar haar produkte aan Poetry begin lewer as deel van hulle huisware, so haar granola en heuning is ook by die oorgrote meerderheid van Poetry winkels landswyd beskikbaar.  Indien enige leser beplan om binnekort by Copia Eco Cabins ‘n draai te maak, sal hulle ook granola as deel van die ontbyt kry, sy is ongelooflik opgewonde oor hierdie samewerking en sien baie uit daarna om die produkte by hulle bekend te stel.  Verder is daar ook ‘n verskeidenheid van handelaar in die Wes-Kaap omgewing – die lys van handelaars sal binnekort op Simply Granola se webblad geplaas word.

Nicola sê daar sal definitief meer produkte wees in die toekoms.  Sy wil graag binnekort ‘n reeks produkte spesiaal vir kinders ontwikkel en dan ook spesifieke fokus op klein, enkel-bediening produkte wat persone met ‘n aktiewe leefstyl ondersteun.

Jy kan Simply Granola kontak deur hulle webblad te besoek- www.simplygranola.co.za. Volg hulle ook op Instagram en Facebook.

Artikel Krediet: