Elegante Leersak vir jou kamera

Almal is lief vir ‘n kamera en ons wil soveel moontlik al ons spesiale oomblikke vas vang op kiekies. Kamera toerusting is vreeslik duur en daar is baie komponente wat saam moet reis byvoorbeeld: verskillende lense, kamera flitse, geheue kaarte net om ‘n paar te noem; terwyl ons bagasie sak nogsteeds stylvol en deftig lyk.

As fotograaf haarself het Susan du Toit ‘n gaping in die plaaslike mark gesien en het sy met die besigheidsplan vorendag gekom.

Lees onder meer oor die ontstaan van die Lily White kamera sak reeks en lees ook hoe om so sak joune te maak.

Die idee van die mooiste leer kamera sakke was in Oktober 2015 in Susan du Toit se hart gebore en ‘n jaar later in Oktober 2016 het hul reeds 7 kamera sakke op die mark gehad.  Die konsep het ontstaan nadat Susan ‘n Amerikaanse, nie eens egte leer, sak gekoop het wat haar skaars ‘n jaar gehou het nie en begin erg lelik raak.  Sy het plaaslik vir so leer kamera sak gesoek en kon niks vind nie.  Sy het daar haar soektog gestaak en besluit om self ‘n reeks van egte kamera sakke te produseer.

Die reeks Lily White het ontstaan en die naam is afkomstig van Susan, wat sierlike wit lelie beteken.  Elke sak in die Lily White reeks, behalwe een, is vernoem na mense na aan Susan se hart.  Die reeks sluit in verskillende egte leer sake vir elke genre fotograaf, net vir stokperdjie tot professioneel.

Lily White skep oor werkskepping want hul sakke word plaaslik van beesleer gemaak en hul sal net kamera sakke op spesiale versoek laat pasmaak.

Die sakke kan direk van Lily White in Pretoria gekoop word of aanlyn www.lilywhite.co.za en ‘n koerier fooi van R120 sal ingesluit word as dit gestuur moet word.


Artikel Krediet