Gholflandgoed wegbreek in Knysna

Ons, Günther en Jaun, was vir ‘n week in Augustus 2017 in Knysna; Julle sal onthou dat daar ‘n vreeslike verwoestende brand in die mooi Tuinroete dorp was vroeër die jaar in Junie,  Die gemeenskap van Knysna was behoorlik geruk deur die ramp.

Oppad na Knysna het ons glad nie geweet wat om te verwag nie, en toe ons in die dorp ingery kom toe het ons die verwoesting dadelik gesien en ons harte gaan uit na die families wat aangeraak is.

Ons het op die luukse Gholflandgoed van Conrad Pezula Hotel vir die week gewoon en 1 van die 5 privaat villa.

Blaai deur die asemrowende fotos voorsien deur die Conrad Pezula Hotel en lees  meer oor ons ondervinding daar.

Conrad Pezula is wêreld bekend vir sy asemrowende, bekroonde 18-putjie gholfbaan en is enige gholf fanatikus se droom om daar te kan speel.

Daar is ‘n afgesonderde strand genaamd Noetzie, oorspronklik bekend as Noetziekamma, ‘n Khoisan-frase vir ‘donker water’, tien minute Oos van Knysna lê ‘n afgesonderde baai met ‘n ongerepte strand, ‘n stil riviermonding, ‘n groot verskeidenheid inheemse flora en fauna en ‘n eklektiese versameling van klassieke strandhuise en buitensporig “kastele”.

Ongelukkig op die oomblik neem die hotel ook nie gaste na die strand toe nie tot verdere kennis,  as gevolg van die vure is daar baie skade en die grond is baie onstabiel wat dit baie gevaarlik maak vir gaste om daar te wees.

  

Pezula Spa & Gym is ‘n kalm heiligdom wat die hart van Afrika weerspieël in die natuurlike elemente en teksture van sy pragtige dekor.  Hulle uitstekende fasiliteite sluit in ‘n gimnasium, ‘n 12 meter binnenshuise swembad, sauna, stoomkamer, reënwoud-stort, rasul-kamer, sap-kroeg, nael- en haarsalon, medi-spa, kleedkamers vir dames en here, en ontspannings lokale na behandeling.

 

Conrad Pezula is die ideale familie bestemming.  Kamers met inter-leidende deure is beskikbaar en kinders onder 12 kan die Junior Superior Suite met hul ouers deel.  Café Z is ideaal vir ontbyt, middagete en aandete vir kinders. Kinderoppassers is beskikbaar indien die ouers alleen wil eet.

  

Kindervriendelike aktiwiteite in die area sluit in:

  • Opwindende rite op ry-perde
  • Noetzie strand
  • Swem
  • Natuurpaadjies deur inheemse woud
  • Kano Rit langs die rustige Noetzierivier

          

Die Conrad Pezula Hotel spog met drie op perseel restaurante:

  • Café Z is die modieus alledaagse bistro op die onderste vlak van die hotel, wat gaste en plaaslike inwoners ‘n gemaklike en ontspanne eetkamer opsie bied.
  • Zachary’s is ‘n kontemporêre klassieke restaurant. Dit is luuks sonder om intimiderend te wees, gesofistikeerd sonder om pretensieus te wees.
  • Geniet ‘n skemerkelkie of glasie sjampanje by die stylvolle Noah’s Cocktail Bar.

Conrad Pezula Hotel het verskillende grotes kamers, elk met luuksheid wat jy van die oord kan verwag.  Klik hier om na al hul kamers en vloer planne te kyk.

Ons het in ‘n twee slaapkamer privaat selfsorg villa gebly wat volledig toegerus is met net die beste toestelle en luukse afwerkings.  Die villa was elke dag skoon gemaak en ons moet sê die netheid van die villa het ons verwagting oorskry.  Daar was geen stof of enige iets uit sy plek nie!  Ons sal definitief Conrad Pezula onthou vir die netheid en skoonheid!

Ons was lekker vermaak om vervoer te word met ‘n gholf-karretjie en die portiere het hul werk met ‘n groot glimlag gedoen al was die weer soms erg onplesierig.

Conrad Pezula kry die stempel van goedkeuring van Mooi Leefstyl af en ons raai al ons lesers aan om hul te gaan besoek.