Middag ete by ‘n brasserie in Kaapstad

The Stack het ons genooi om ‘n heerlike middagete by hulle bekroonde brasserie te kom geniet.  The Stack se mede-eienaar Nigel het ons persoonlik verwelkom en tyd met ons spandeer en ons meer vertel oor The Stack.  Die restaurant het ‘n unieke storie, wat baie min ander restaurante het.  Slegs ses dae nadat The Stack oop gemaak het vir die publiek, het hulle pragtige restaurant waarin baie werk en moeite ingegaan het afgebrand.  Hulle het weer vinnig teruggespring op hulle voete en weer The Stack herbou.  Mede-eienaar, Sarah is die eienaar van Sarah Odd Interiors en dit kan jy definitief sien wanneer jy The Stack besoek.  Baie helder kleure gemeng met sagter kleure en ander unieke dekor elemente.

Alhoewel hulle dekor mooi is, besoek mense The Stack oor hulle smul lekker kos en skemerkelkies.  Hier hou hulle van lekker en behoorlike kos sonder enige ekstra fieterjasies.   Hulle kos word eenvoudig voorgesit om geniet te word.  Jy sal nooit dink dat The Stack in die hartjie van die stad, Kaapstad, geleë is nie, reg agter die Belmond Mount Nelson Hotel in Gardens in Suid Kaapstad..  Die oomblik as jy in The Stack se parkeer area in ry en loop na die ingang, voel dit vir jou of jy iewers in die Stellenbosch wynland is.  Dit het ‘n baie rustige gevoel.  Ons was gelukkig om The Stack op ‘n lekker  Kaapse somer dag te besoek en kon ‘n tafel buite in die tuin kry.

Hulle sjef, Jason Kosmas, sit baie liefde en moeite in elke dis wat hulle by The Stack bedien.  Baie van julle sal Jason onthou van die Chef’s Warehouse waar hy sy “tande gesny het” en toe aangesluit het by The Stack familie.  Jy kan sy passie vir kosmaak proe in The Stack se kos.

Op die spyskaart is ‘n klomp opsies beskikbaar.

Jaun het begin met die Hoender Lewer Parfait met tuisgemaakte brioche en gekruide rooi ui marinade.  As hoofgereg het hy die Lynvis gehad met baba aartappel slaai en sous Vierge.

Günther het begin met die Gnocchi met ‘n Okkerneut pesto sous en bokke kaas.  As ‘n hoofgereg het hy die heerlike Springbok lendeskotelies gehad met ‘n suur uie puree, tenderstem broccoli en aartappel fondant.

Ons het ook as ‘n kant-dis aartappel skuifies en geroosterde blomkool met Salie beurre noisette gehad.   Ons was redelik vol na ons hoof maal, maar moes ‘n nagereg inwerk om die middagete af te eindig.

Ons het elkeen ‘n heerlike skemerkelkie geniet by ons middagete, The Stack en Burnt Orange Old Fashioned.

Hulle het ook ‘n kroeg area perfek vir die kontemporêre paartjie wat opsoek is na ‘n stylvolle plek waar hulle ‘n drankie kan geniet.

The Stack het ook ‘n unieke ledemate klub wat privaat geleë is op die boonste vlak van die outydse gebou.  Hier kan ledemate privaat hulle e-posse kom doen of self met kliënte ontmoet om besigheid te bespreek of net kan kom ontspan.  Daar is ‘n privaat kroeg area, twee oopplan sitkamers, ‘n eetkamer gedeelte en ook ‘n groot buite stoep wat uitkyk op The Stack se mooi boomryke erf.

Ons beveel aan jy bespreek jou middag of aandete by The Stack en ervaar wat ons ervaar het.  Hulle is oop vanaf Maandag tot Saterdag van 9 vm tot 11 nm en is gesluit op Sondae.  Besoek hulle by Leinster Hall, 7 Weltevreden Straat in Gardens in Kaapstad.

Diensverskaffers