‘n Wegbreek bederf

Ons het ‘n wegbreek gehad na die baie gewilde KolKol Mountain Lodge net buitekant Botrivier in die Elgin Vallei.  Dit was idillies, met ‘n heerlike kool verhitte swembad wat jy self hout by kan gooi om dit warmer te maak of net laat prut om op die selfde temperatuur te hou.  Kol Kol is bekend daarvoor om lank voor die tyd vol bespreek te wees, so as jy die kans het om te gaan, boek sommer spoedig om seker te maak dat jy wel jou plekkie geboek kan kry.

Ons het in die King Cottage gebly wat tot tien mense gemaklik kan slaap, sonder om in mekaar se spasie te wees.  Met twee privaat slaapkamers onder en twee enkelbedjies in die leef area, slaap dit klaar ses mense onder.  Op met die trap kry jy die Mezzanine waar daar nog twee oopplan slaapkamers is.  Moet nie bekommerd wees oor privaatheid nie.  Hulle het afskortings wat in albei kamers staan, wat jy kan skuif as jy jou privaatheid soek.

Die hoof slaap kamer het ‘n lekker groot bad en stort in die kamer.  Albei kamers op die grondvlak het deure wat uit kan stap na buite.  Wat kan jy nou meer voor vra?

Ons het ‘n heerlike potjie kos gemaak op hulle groot buite braai.  Hulle het roosters en selfs ‘n potjie gehad wat ons gebruik het.  Dit is selfsorg, maar daar is letterlik alle luukshede tot jou gemak; van ‘n binne Pizza oond tot ‘n lekker groot gasstoof, volle yskas en ook ‘n skottelgoedwasser.

Dit is ‘n fantastiese wegbreek plek as jy opsoek is om bietjie stoom af te blaas en weg wil kom van die stad se gejaag.  Jy kan lekker buite sit in die verhitte swembad of as dit warm is kan jy hom net koel geniet. Die hout vuur verhitte swembaddens is definitief ‘n groot pluspunt as jy opsoek is na die perfekte winter wegbreek.  Baie min hotelle het so iets uniek vir gaste in die winter en as dit verhit is, is dit gewoonlik onder ‘n dak.  Nie by Kol Kol nie, dit is lekker in die buitelig en jy het die mooiste uitsigte.

Die leef area van KolKol se King Cabbin is lekker groot met ‘n oop plan kombuis, eet- en sitkamer area met ‘n groot kaggel.  Daar is ook ‘n kroeg area wat oopmaak en ‘n afdak verskaf waar jy lekker binne en buite langs die vuur gesellig kan wees.

Uitsigte! Dit is ‘n verkoop punt.  Jy het die skilderagtige uitsigte oor berge en voor jou is ‘n groot grasperk perfek vir families met kinders wat buite wil speel.

Die hout struktuur van die gebou gemeng met baksteen en glas skep ‘n gesellige plaas gevoel met al die luuksheid wat jy benodig om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak.

KolKol Mountain Lodge moet definitief op jou lys van plekke om te besoek.  Hulle het agt verskillende eenhede beskikbaar met verskillende spesifikasies.  Klik hier om na hulle verskillende eenhede te kyk.

Daar is ook baie aktiwiteite beskikbaar in die omgewing.  Jy kan self lekker gaan stap op KolKol se staproete wat op hulle plaas is.  Dan is Arabella slegs 20 km weg en as jy wil “Quad Bike” in Grabouw is dit net 30 km weg.

As jy opsoek is na lip-lek lekker restaurante is jy in die regte vallei.  Restaurante in die area sluit in Botrivier Hotel se Bellows Restaurant, Shuntin Shed Pizzeria, Gabriëlskloof Restaurant & Deli en Goedvertrouw Wine Estate wat alles onder tien kilometer afstand is vanaf KolKol.

Soos jul self kan sien het ons, ons verblyf vreeslik geniet en so kan jy ook.  Maak seker jy besoek Kol Kol Mountain Lodge.

Artikel krediet