Verbeeldingryke speelgoed vir kleuters

Ons by Mooi Leefstyl bevorder graag kreatiwiteit en verbeelding aan by die jongspan en ons gesels met ‘n entrepreneur met dieselfde doelwitte.  Ingrid Frauenstein is die eienaar en skepper van Popsiebelle wat in 2008 geskep is.  Die doel is belangrik om alles plaaslik te hou en dus word meeste van hul produkte in Port Elizabeth gemaak, daar is van hul produkte wat wel in Kaapstad gedruk word.

Die inspirasie vir die produkte is in die oomblik en word oral en enige plek gevind.  Ingrid sal inspirasie vind deur mense wat iets verkeerd uitspreek en dit sal sy gebruik in ‘n karakter.  Haar dogter het altyd gesê “panbamas” i.p.v. “pajamas”.

Hul diere-kind is ook inspirasie vir een van haar karakters, Fox ‘n kruising tussen ‘n Fox Terriër en ‘n Jack Russel en hul moes hom eintlik Harry Trotter genoem het, want hy is vol energie.  Die karakter gebaseer op Fox is ‘n hond wat ‘n tas is en al sy stories en avonture saam hom dra.

In 2018 wil hul graag ‘n klere reeks en digitale weergawe van Popsiebelle begin en hul is baie opgewonde oor dit.

Die Popsiebelle handelsmerk wil verbeeldings laat groei deur uniek, prettig, kreatief en interaktief te wees en sodoende deelname aan te moedig. Die karakters se persoonlikhede word deur kinders vertel, want Popsiebelle het nie tradisionele karakters nie en is baie verbeeldingryk en bied ‘n platform vir verbeeldingryke gesprekke.  Die Popsiebelle produkte gaan oor konneksie en die kleinspan se verbeeldingryke gesprekke.  Die wêreld kort kinders om verbeeldingryk en kreatief te wees, dit is hoe die wêreld verander deur idees, stories en bydraes.

Popsiebelle se reeks produkte sluit die volgende in:

  • Sagte speelgoed
  • Plek-matjies, materiaal en papier
  • Sakke
  • Borslappies
  • Doek-om-ruil matte
  • Kar sitplek kombersies
  • Speelmatjies
  • Storie kussings – ons storie kussings is soos ‘n unieke verhaal wat deur die kind vertel word, wat elke aand ontvou, terwyl hul op hul gemak lê. (Ingrid se gunsteling produk.)
  • Monster Kussings – vir die klein mense wat bang is vir monsters
  • Sagte storie boeke
  • en nog baie meer

Advies wat Ingrid aan entrepreneurs kan gee is om nooit moed op te gee nie, verander jou rigting, herontdek jouself maar moenie opgee nie. Mentorskap is ‘n wonderlike manier om gefokus te bly, so probeer om mentors te vind.  Tyd beweeg aan of jy iets doen of nie, so begin net!

Mooi Leefstyl se lesers kan Popsiebelle se produkte aanlyn koop www.popsiebelle.com en hul doen ook pasgemaakte ontwerpe,  Kontak hul gerus by info@popsiebelle.com

Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur Popsiebelle