Lig jou huis op met Kalbas

Reeds vir eeue word die Kalbas regoor die wêreld gebruik vir verskeie doeleindes – voedsel houers, eetgerei, musiek instrumente of motorfiets valhelms.  In die artikel stel ons jul bekend aan ‘n heel unieke gebruik vir die Kalbas, en dit is ligte.

dismoi Calabash Lights het begin toe twee susters.  Elize en Nelia, in 2009 Turkye gereis het en die Turkse plaaslike dekoratiewe gebruik vir die Kalbas gesien het.  Dit het hul herinner aan die ryk erfenis van die Kalbas in Suid-Afrika.  Terug in Suid-Afrika het Elize ‘n plaaslike boer, Wollie Burger, genader en hy voorsien hulle tot vandag toe met kalbasse.

In Afrika-gemeenskappe is die Kalbas sinoniem met lewe en is wyd herkenbaar vir Afrika kultuur en erfenis.  Onder andere is die FNB Stadium in Soweto se ontwerp geïnspireer deur die vrug.  Wat dié stadion bekend gemaak het is die FIFA Wêreldbeker in 2010, en dit is ook waar Nelson Mandela sy laaste publieke verskyning gemaak het.

Interessante feit van die Kalbas is dat dit op wingerde of bome groei.  Die Kalbasse wat dismoi Calabash Lights gebruik groei op wingerde.  Sommige spesies kalbasse is geken as giftig, maar daar is sekere kalbas-soorte wat geëet kan word en selfs in Afrika, Sentraal-Amerika of Asië word die vrugte gebruik vir kook.

Afhangende van die gebruik, neem Kalbas van maande tot jare om te groei. Sommige Kalbasse is plat en vet, en ander is lank en maer. Party het ‘n regop steel, en party en ‘n krom en gekrulde steel.  Tydens die groeiproses is Kalbasse geneig na deformiteite so hul moet elke dag versorg word tot hul die regte grote is.

Die susters het hard gewerk om dismoi Calabash Lights van stapel te stuur en sowat ‘n jaar terug het Elize daaraan begin dink om die besigheid te verkoop.  Haar dogter, Kaylie, wat groot geword het met die produk en die potensiaal besef het, het toe ‘n aanlyn teenwoordigheid gegroei en uiteindelik die besigheid oorgeneem.

Met Kaylie se kennis en agtergrond in bemarking, het dismoi Calabash Lights se spreekwoordelike bal weer begin rol en later het Nelia se dogter, Lara, ook betrokke begin raak – so het die saad gegroei tot in ‘n familie wonderboom.

dismoi Calabash Lights kom dus nou tot ‘n nuwe seisoen, met ‘n splinternuwe aanlyn teenwoordigheid en vennootskappe met verskillende skoue en handelaars waar nuwe ontwerpe en kleure bekend gemaak word.

Volg dismoi Calabash Lights se tog soos hul voortgaan op Facebook en Instagram

Artikel Krediet