Luukse handgemaakte lekkernye

Basilei is een van Mooi Leefstyl se gunsteling nuwe ontdekkings.   Hulle is net so bietjie ouer as ‘n jaar, maar het al klaar baie diep in ons hart in gekruip.  As jy mal is oor lekkernye, veral wat mooi lyk en heerlik proe , dan is vandag se artikel spesiaal vir jou geskryf.

Basilei was gestig September 2016 deur Istvan en sy broer wat die besigheid saam begin het.   Hulle staan egter op die skouers van die geslag voor hulle.  Hulle pa is sedert die 90’s al besig om lekkernye te maak.  Tot vandag toe bly hy betrokke by die besigheid, en hy het sy handewerk as ambagsman op dieselfde noukeurige manier in sy seuns gesien.  Hul pa ontwikkel nogsteeds resepte en produkte en gaan voort om talle opwindende resepte en produkte te produseer.  Istvan en sy broer het eenvoudig hulle familie se tradisies geneem en dit bekend gestel aan die wêreld.

Istvan moes ou manuskripte as deel van sy studies vertaal.  Die woord “Basilei” het sy aandag gegryp en by hom vasgehou.  Basilei is afkomstig uit ‘n antieke Grieks-Romeinse woord wat koninklikes, majesteit of koninkryk beteken.  Toe hulle dink watter soort identiteit hulle wou bou, het hierdie woorde sterk by hulle weerklink en die tipe produkte en diens wat hulle wil lewer.  Basilei hoop dat mense met ‘n gevoel van uitnemendheid nagelaat word, wanner hulle Basilei se produkte proe en interaksie met hulle span gehad het.

Basilei se produkreeks groei saam met die besigheid.   Hulle bestaande produkreeks sluit in: ‘n verskeidenheid luukse fudges, verskillende geure van Italiaanse geïnspireerde Noga, Aarbei, Sjokolade en Melktert Malvalekkers, Macarons, Donker Sjokolade Roomkaas  Brownies en Gesoute Pekanneut karamel stawe.

Die Basilei kombuis is waar tradisie met kreatiwiteit verbind.  Hulle doel is om elke produk met integriteit na hulle familie se tradisie te vervaardig, alles terwyl hulle die omslag van nagereg skepping vorentoe vat.

Hulle glo dat die langer produksie proses van hand vervaardiging hulle produkte goed komplimenteer word met uitnemendheid en gemerk word met meesterskap.

Inspirasie is maklik om te vind.  Die internet is vol Inspirasie, van Instagram tot aanlyn ontwerp programme soos Behance.  Istvan dink die sleutel-aspek is om hulle produkte te vertoon as smaaklike produkte wat hulle teikenmark werklik sal geniet.  Baie entrepreneurs is so gefokus om buitengewoon anders te wees, i.p.v. om produkte of dienste te skep wat mense eintlik wil hê.

Baie keer kan inspirasie gevind word uit oënskynlike omgewings, of bestaande produkte, en kreatiewe maniere gebruik om dit uitstekend te maak en dit voor te lê aan die publiek soos niemand ooit tevore het nie.

Al Basilei se bestanddele word plaaslik verkry en geproduseer wat uitstekend is vir werkskepping.

Dit maak ons altyd opgewonde om te sien as plaaslike besighede soos Basilei dink daaraan om te groei.

Hulle is op die oomblik besig om te kyk na maniere om hulle internasionale bekende geure te omsit in produkte wat plaaslike liefhebbers sal geniet.  Hulle is ook besig om te eksperimenteer met reuke en geure wat gekry kan word Suid-Afrikaans tuine en om die natuur se beste bestanddele met höe kwaliteit lekkernye te bind.

Die maklikste manier om hulle produkte te bestel is om aanlyn te bestel op hulle Webtuiste.  So word jou bestelling afgelewer by jou voordeur en jy hoef nêrens te ry nie.  Stuur hulle ‘n e-pos by info@basilei.com en hulle sal met graagte hulle produkte in jou hande wil kry op die spoedige en mees maklikste manier moontlik.

    

Istvan se advies aan jong entrepreneurs:

“Ons is self nog ‘n jong besigheid, so ek gee nie net advies aan ander entrepreneurs nie, maar ook aan onsself.  Ek dink wanneer die “wittebrood fase” verby is moet mens begin voldoen en eintlik begin met die bou van ‘n besigheid.

Baie jong entrepreneurs gee op wanneer hulle onder die spesifieke druk van die bou van ‘n besigheid kom.   Dit is gedurende die fases waar jy nie moet klein dink nie, vir jou werknemers en die ekonomie van Suid-Afrika se onthalwe.

‘n Mens moet gedrewe wees deur ‘n duidelik omskrewe visie van wat jy met die besigheid wil bereik.  In ‘n land soos Suid-Afrika, het entrepreneurs nie die luuksheid om ‘n besigheid te bou slegs om geld te maak nie; Ons bestaan as ‘n geïntegreerde deel van die oplossing vir sommige van die werkloosheid en ekonomiese uitdagings wat ons land in die gesig staar.

Jou visie moet dus duidelik gedefinieer word voordat die druk kom. Dit moet meer oor ander wees as wat dit oor jouself gaan en ten slotte moet dit so groot wees dat dit van jou nodig is om kreatiewe maniere en sterk vennootskappe te vind om dit te bereik.”

Volg Basilei gerus op jou gunsteling Sosiale Media Platform:

Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur Basilei