‘n Kindere dekor aanlyn-winkel

Ons deel Fox & Moon, ‘n kindere dekor aanlyn-winkel, met Mooi Leefstyl se lesers.  Fox en Moon was gestig deur Amanda Meyer in 2010 en later het Amanda kreatiewe kragte met haar suster, Cindy Schafer, gebind.

Al Fox & Moon se produkte word plaaslik vervaardig; van die ontwerp van die materiaal tot die eind produk. As hul nie die materiaal se patroon self kan druk nie, maak hul gebruik van plaaslike drukkers om hul hiermee by te staan.

Kaapstad is ‘n ontwerper se droom en hul vind oral inspirasie en soos Amanda vertel is dit baie moeilik om nie geïnspireer te word deur ons mooi land.

Alhoewel Fox & Moon begin was met die fokus op kindere produkte gaan hul definitief hul reeks uitbrei na die volwassenes toe so wees op die uit kyk vir Nota boeke, Kalenders en groter duvets bedekking grotes…daar is selfs gerugte van ‘n klere reeks in die ontwikkeling.

Behalwe dat Fox en Moon se items eko-vriendelik en 100% Suid-Afrikaans is, het Amanda nog ‘n rede waarom hul handelsmerk uniek is: “Om self ‘n ma te wees, weet ek watter items mamma’s regtig wil hê, en watter ontwerpe gaan saam met kinders werk! Mamma wil weet … Kan dit gewas word?  Kan hulle dit in hul mond sit?  Dit is al die vrae wat ek self gehad het, so ek het seker gemaak dat al ons items baba veilig sal wees en natuurlik maklik wasbaar! ” vertel Amanda

Amanda deel ook graag raad aan ander entrepreneurs: “Een stukkie raad wat ek het om te bied is om ‘n passie vir wat jy doen te hê!  Moenie ‘n maatskappy begin omdat jy oornag ‘n miljoenêr wil word nie.  Dit gaan nie gebeur nie.  Dit neem tonne werk om ‘n maatskappy begin en selfs daarna is die pad stamperig by tye.  Om liefde te hê vir wat jy doen en ‘n passie daarvoor te hê, gee jou die motivering om deur die moeilike tye te gaan, want as jy dan oor elkeen van daardie struikelblokke kom, begin die belonings as entrepreneur te vloei! “

Volg Fox & Moon op jou gunsteling Sosiale Media Platform