‘n Wegbreek by De Hoop Collection

Is jy opsoek na ‘n rustige wegbreek plek?  Dan moet jy by De Hoop Collection gaan kuier.  Ons was ‘n naweek daar en het dit gate uit geniet.  De Hoop is ‘n wêreld-erfenis gebied, geleë langs een van Suid Afrika se grootste mariene beskermde gebiede.

De Hoop Collection het oopgemaak in De Hoop Natuur Reservaat in die Wes-Kaap in 2007 onder die kreatiewe en entrepreneurskap hande van Carl Trieloff en William Stephens, bekend vir die suksesvolle Madikwe Game Reserve ontwikkelings.

Die reservaat het ‘n groot verskeidenheid van akkommodasie beskikbaar vir alle grootte begrotings. Die rondawels is hul intreevlak verblyf en ons was verbaas oor die standaarde van die akkommodasie. De Hoop is geleë in die Overberg distrik en is ‘n gemaklike rit van slegs drie uur of 233km vanaf Kaapstad. Dit is ook die perfekte oornag stop as jy op pad is vanaf Kaapstad na die Tuinroete. ‘n Minimum van twee aande verblyf word voorgestel aangesien die reservaat op ‘n afgeleë plek is.

Ons het in Cloete Suite nommer een gebly. Daar is ‘n bad en stort in die badkamer en luukse Charlotte Rhys produkte. Ons was ook vertel dat die Cloete Suites eers De Hoop se restaurant en kroeg area was, maar hul het in 2015 ‘n verwoestende brand gehad en kon hul toe daarna restoureer en die ou gebou na sy vorige glorie bring.

De Hoop Collection is die perfekte wegbreek plek vir paartjies, familie of saam met vriende wat opsoek is na ‘n ontspanning plek waar jy kan vergeet van die stad se gejaag en die natuur om jou ten volle geniet en luister na die natuur geluide.

Die personeel by De Hoop Collection, van die ontvangs, die restaurant tot die gidse wat ons op die aktiwiteite geneem het, was baie vriendelik en behulpsaam.

Die Fig Tree Restaurant was stap afstand geleë van ons Cloete Suite en dit was ‘n baie aangename ervaring gewees om by hierdie oulike restaurant te eet. Hulle het ‘n vasgestelde drie-gang maaltyd spyskaart vir aandete met twee opsies van voorgereg, hoofgereg en nagereg. Elke aand is die spyskaart ook anders as die vorige aand, so jy hoef nie bang te wees dat dit dieselfde gaan wees nie. Dit is altyd vir ons ‘n lekker ervaring om te beleef as restaurante wat so afgeleë is soos The Fig Tree.

Restaurant sulke heerlike kos kan maak met so min as moontlik hulpbronne naby hulle. Dit was vir ons ongelooflik oor die puik dienslewering van ‘n plek wat so af geleë is.

Hulle ontbyt is net so heerlike gewees met kase, pappe, koue vleise en vars vrugte by die koue ontbyt en dan kan jy ook ‘n volle Engelse ontbyt bestel as jy lus is vir ‘n warm ontbyt.
Daar is ook middagete beskikbaar as jy ‘n bietjie van ‘n hongerte kry voor aandete.

Ons het die Vulture Experience gedoen – ‘n nuwe aktiwiteit wat definitief een is wat baie populêr gaan raak. Dit is omtrent so ‘n uur se stap op teen  Potberg na die uitkyk punt waar die aasvoëls rond sweef. Dit is definitief iets wat jy nie elke dag sien nie en veral nie so ‘n klomp op ‘n slag nie. Soos met alles anders by De Hoop Collection, het hulle vir ons die heerlikste piekniek sak gepak gevul met kase en lip-lek-lekker koue vleise en ‘n vars rolletjie. Dit is ‘n redelike stappie, so jy moet meer aan die fiks kant wees wanneer jy hierdie aktiwiteit boek.

Doen jouself ‘n guns en boek vir jou ‘n spa sessie as jy inboek by De Hoop. Die swembad by die spa is iets wat jy nie sommer sal sien nie. Dit laat ons bietjie dink aan Griekeland in die bosveld. Dit maak nie regtig sin nie, maar die foto’s sal dit self verduidelik. Die potblou water wat oor die vlei en reservaat se bosveld en wilde diere uitkyk is definitief iets uniek. Die spa self het ‘n groot verskeidenheid spa behandelings waarvan jy kan kies. Günther het ‘n halfuur rugmassering gehad en Jaun ‘n halfuur gesigsbehandeling. Jy voel sommer onmiddellik ontspanne die oomblik as jy by die Spa in loop.

Ander aktiwiteite sluit in: Voël-kyk geleenthede, Fynbos staproetes, uitgebreide stap- en bergfiets-roetes ; tennis of boulers . Winter tyd is Walvis seisoen by De Hoop, so maak seker jy boek jou winter akkommodasie vroegtydig om hierdie pragtige diere in hulle natuurlike habitat te aanskou. Daar is ook akkommodasie opsies met winter afslag beskikbaar jaarliks.

In ‘n skouspelagtige omgewing, met bewarings aspekte wat deur CapeNature bestuur word kan jy ‘n omgewing van baie natuurskoon verwag.

De Hoop Natuur Reservaat het die duine en die bosveld alles in een.  Dit is nie iets wat jy alledaags sal beleef nie.  Daar is meer as 260 voël spesies en ander diere te sien sluit in die eland, bontebok, bobbejane, Kaapse bergsebra, grys reebok, duiker, steenbok,  en ook volstruise.

Boek jou wegbreek nou by De Hoop Collection. Besoek hulle webtuiste hier: http://www.dehoopcollection.com

Artikel Krediet