Ons kuier by die groot Olifante

Ons het gaan kuier by die Knysna Elephant Park, wat gestig was in 1994. Dit was die eerste plek in Suid-Afrika waar hulle gekyk het na wees Afrika olifante. Oor die afgelope twintig jaar het hulle al meer as veertig olifante groot gemaak. Die Knysna Elephant Park neem olifante aan wat te swak is om in die wild te oorleef en wat voorheen geen hoop gehad het nie. Dit maak ons harte vreeslik bly om te sien dat mense so baie omgee oor hierdie pragtige en baie groot diere.

Die olifante by Knysna Elephant Park is baie mak en gewoond aan mense. Dit gee jou die kan som naby aan die olifante te kom en bietjie tyd te spandeer met hierdie wonderlike diere.  Alhoewel die olifante die baas is van die plaas, besluit hulle wanneer hulle alleen tyd nodig het of nie.  Die olifante kan vry loop in op die plaas en word nie afgekamp in hokke nie.  Wat beteken hulle kan hulle natuurlike habitat geniet sonder enige beperkings.

Dit was ‘n wonderlike ervaring gewees om so naby aan die diere te kom en om te sien watter goeie verhouding die gidse met die olifante het. Ons het ook sommer onmiddellik gemaklik gevoel.  Jy kan kos koop by die ontvangs vir die olifante om hulle te voer as jy wil.  Dit is nogal ‘n ervaring gewees om hulle slurpe teen jou hand te voel.  Daarna gaan die olifante hulle eie pad en die gids en ons het hulle gevolg.  Hulle het verder geëet soos hulle rondstap en lekker baljaar in die modder en water.

Ons albei was redelik bangerig om aan hulle te vat, maar as jy eers die eerste keer aan hulle vat, voel jy sommer onmiddellik meer gemaklik.  Die groot diere sal jou hart onmiddellik steel met hulle slurpe en groot ore.  Daar was een spesifieke olifant wat vir ons uitgestaan het en dit was Sally.

Sally was net gebore met een olifanttand, so dit maak haar uniek.  Sy is definitief ook die baas kan jy sien en is lekker jaloers as ons te veel aandag gee aan die ander.  Sy het poseer op haar eie vir ons kamera om seker te maak ons sien haar raak en sy kry genoeg blootstelling.

Hulle het ook ‘n fantastiese funksie en trou venue beskikbaar waar gaste tyd kan kry om die olifante te voer en daar baie foto geleenthede is met die olifante.  Klik hier vir meer inligting oor hulle funksies en troues.

As jy weer in die Knysna en Plettenbergbaai area is, moet jy definitief ‘n bespreking maak by The Knysna Elephant Park.

Artikel Krediet