Grande Provence se gesin piekniek

Rustige Paaspiekniek vir die hele gesin by Grande Provence

Franschhoek: Paas-Sondag, 1 April 2018, 10h00 – 16h00

Geniet ‘n ontspanne familie-piekniek hierdie Paas-Sondag afgerond met ‘n Paaseierskattejag vir die jongspan, ‘n groot verskeidenheid smul lekker happies én ongelooflike wyne by Grande Provence Heritage Wine Estate in Franschhoek.

Buiten piekniekmandjies wat uit hul nate bars, kan gaste uit ‘n keurspel van ligte etes kies en uitsien na die strelende klanke van ‘n klassieke musiekgroep in die landgoed se prentjiemooi tuin.  Maak gereed vir vonkelwyn en oesters, gevulde panini, tuisgemaakte ystee en limonade, die hemelse Angels Tears wyne en nougat-pasmaats, fynproewer koffie, en stalletjies wat vars produkte bied.  Die kunsskatte, onder die groot eikebome in Grande Provence se tuin, is ook iets om te aanskou.

Bo en behalwe die tradisionele Paaseierskattejag, sal die kinders ook vermaak word met speletjies soos kroukie, Jenga, gesigverf en ‘n warmsjokolade-fontein.

Laat Grande Provence na die kleinspan omsien terwyl jy agteroorsit en ‘n glas of twee van hul wyne en elegante Méthode Cap Classique geniet – saam met hul heerlike vars oesters natuurlik!

Die Grande Provence Paaspiekniek begin om 10h00 en eindig teen 16h00 op Paas-Sondag, 1April 2018.  Toegang is gratis, maar besprekings vir die Paaspiekniekmandjies teen R500 per paartjie en R150 per kind, moet vooraf gemaak word by Tel: (021) 876 8600 of e-pos reservations@grandeprovence.co.za.