Hout bykomstighede vir die klein span

Gnash Kids was begin in April 2016 deur Nicole Muller, ‘n Ma van twee. Alhoewel Gnash Kids se produkte nie eg Suid-Afrikaans is nie, word dit wel in Suid-Afrika aanmekaar gesit. Hulle groot komponente word ingevoer vanaf Duitsland en Japan en word dan aanmekaar gesit in Kaapstad, Suid-Afrika. Hulle vind inspirasie vanaf die Skandinawiese ontwerpe wat elemente van simplistiese en skoon lyne het. Die ander inspirasie is definitief monochroom.

Wat Gnash Kids se produkte uniek maak is die feit dat hulle gebruik maak van produkte wat chemiese middel vry alternatief is vir tande-ontwikkel speelgoed vir baba’s.  Die kontras van hulle hout en silikoon materiale maak hulle produkte uniek en gee dit ‘n moderne aansig.

Klik hier om na Gnash Kids se volle reeks produkte vir baba’s te kyk en jy kan sommer terselfdertyd die produkte aanlyn koop. Hulle het ook die oulikste tandeborsels en sleutelhouers beskikbaar.

Advies vir entrepreneurs:

As jy dink jy het ‘n goeie produk of idee, gaan vir dit!  Dit is baie harde werk, maar is definitief die moeite werd. Maak gebruik van die aanlyn-winkel verskaffers regoor Suid-Afrika, sodat jy 24 uur aanlyn beskikbaar kan wees.  Gebruik sosiale media, deel inhoud en wees in aanraking met jou gehoor op sosiale media en dit sal vir jou ‘n goeie voet in die industrie sit.

Volg Gnash Kids op sosiale media hier:  Facebook en Instagram

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur Gnash Kids