Middagete by The Midlands Kitchen

Die Kwazulu-Natal Midlands is nie net prentjie mooi nie, maar ook die perfekte plek om te stop as jy op pad is na Durban vanaf Gauteng of die Vrystaat.  Dit is presies wat ons gedoen het op ons pad vanaf Kaapstad na Fairmont Zimbali in Ballito.

Ons het by The Midlands Kitchen gestop vir ‘n heerlike middagete en was verras oor die groot verskeidenheid opsies deel was van hulle spyskaart.  Die konsep is uniek en ons kort definitief meer van dit in Suid-Afrika.

By The Midlands Kitchen doen hulle dinge bietjie anders as jou normale restaurant en padstal opset.  Dit laat jou amper dink aan ‘n mark met klomp kleiner kos stalletjies, waar jy by almal iets kan bestel en by een kelner betaal.  Dit is presies wat The Midlands Kitchen is.  Daar is 15 verskillende kombuise waarvan jy kan kies insluitende Meksikaanse kosse, Mediterreense, Burgers, Hoender, Pizza en Indiese en Vegan kosse.

The Midlands Kitchen is nie net kinder-vriendelik nie, maar ook troeteldier-vriendelik.  So nou kan die hele familie uit die motor klim en lekker saam ‘n ontbyt of middagete geniet.  Ons was selfs verbaas oor die hoeveelheid kosse daar beskikbaar is en ook die pryse.  Dit is regtig skaars dat jy goeie waarde vir jou geld kry.  Al die verskillende spyskaarte is almal baie bekostigbaar, wat The Midlands Kitchen die perfekte plek is vir enige iemand se begroting.

Ons het twee vars gedrukte sappe gehad:  The Dargle, wat ‘n heerlike waatlemoen, beet, gemengde bessies en gemmer.  Die ander sap was die The Windmill wat bestaan uit wortel, appel, gemmer en lemoensap.  Ons het begin met ‘n heerlike Mezze platter en toe aan beweeg na die volgende: Botterskorsie & Aartappel pastei, ‘n groot Kerrie toebroodjie en ‘n regte Durban kerrie Bunnychow gehad.  Ons is mal oor kerrie, maar as jy iemand is wat bang is vir sterk smake, sou ons aanbeveel om eers te vrae hoe sterk die kerrie is voordat jy die opsies bestel.  Vir nagereg het ons heerlike handgemaakte Wild Child Gelato roomys geniet.  Middagete was so groot, ons kon letterlik nie beweeg na die tyd nie.

Hulle besigheid ure is vanaf 6 vm tot 4 nm, Maandag tot Sondag.   Jy kan hulle vind op die N3 Uitgang 132, Nottingham pad.   Volg hulle ook op Facebook, Twitter en Instagram.

Artikel Krediet